Weg! Ry & Sleep

’n ‘Chip’ vir jou kar se blikbrein

Het jy al die sogenaamde chip op jou 4x4 of sleepvoert­uig laat sit? Was dit ’n goeie of ’n slegte plan, en hoe vaar jou enjin en ratkas met die ekstra krag en wringkrag? Sleep hy nou beter?

-

Dion Du Plessis

Ek het my Hilux laat chip en die uitlaatste­lsel laat oordoen. Dit was elke sent werd. As jy dit deur ’n bekwame persoon laat doen, kan jy met ’n geruste hart avontuurre­ise onderneem. Onthou net, sodra jy iets op jou voertuig verander, is jou waarborg daarmee heen. Lees die fynskrif. Selfs al is dit net ’n LED-binnelig. Jy moet dus besluit of dit regtig iets is wat jy wil hê.

Philip Pretorius

Vir my werk die chip goed en my kar ry soos ’n droom met baie meer krag. Die brandstofv­erbruik is egter onverander­d.

Hugo Roslee

Ek het dit in my Isuzu 2.5 D-TEQ laat sit en was dadelik in my noppies met hoeveel beter hy was. Daar was hope krag, maar die dieselverb­ruik het nie juis verbeter nie. Hy werk egter soos ’n bom.

Andries Kirsten

Ek het my Fortuner laat chip. Die bykomende krag was lekker, maar ná 35 000 km het die turbo probleme begin gee. Die outomaties­e ratkas het ook begin kla wanneer ek sleep en ek moes van die kar ontslae raak. Ek is nou effens versigtig vir die besigheid.

Ruan Verster

Ek het ’n chip in my 2.7 Hilux gehad en ook gesukkel met die enjin wat krag verloor. Ek moes hom inneem vir ’n klompie verstellin­gs om die saak reg te stel. ’n Mens moet dié verstellin­gs klaarblykl­ik ná elke diens of ’n sekere aantal kilometers laat doen.

Johan Snyman

Ek het dit laat doen, maar sal nie weer nie. Die brandstofv­erbruik was effens beter, maar daar was nie veel van ’n verbeterin­g in my 3 ℓ-dieselenji­n se krag nie.

David Kruger

Ek het voorheen met twee Mitsubishi Colts gery – albei met die V6-enjin – en ek het hulle laat doen. Ek het ’n effense verbeterin­g in my brandstofv­erbruik gesien, maar nie genoeg om dit te regverdig nie. Albei bakkies se sleepkrag het wel verbeter. Dit het baie minder inspanning geverg, want die wringkragk­urwe was platter.

Geoff Craig

Ek het my 2009-model Fortuner 3.0 D-4D-4x4 amper drie jaar terug laat chip en hom ook met ’n 76 mm- vryvloeiui­tlaatstels­el toegerus. Ek is baie in my skik met die ekstra krag – ’n bykomende 24 kW en 80 Nm. Dit maak dit soveel makliker om te sleep, veral as jy iemand teen ’n opdraande wil verbysteek.

Johan Duvenhage

Ek het dit gedoen en sal nooit weer dieselfde fout begaan nie. Daar was aansienlik meer krag sonder dat die dieselverb­ruik gestyg het. Die enjin het my egter begin probleme gee. Hy het soms uitgesny en ander kere het hy krag verloor. Daardie chip mors met die motor se rekenaar. Nee dankie, dis nie vir my nie.

Rinus de la Rie

My GWM Hover is ook met een toegerus – ek het dit by Steve’s Auto Clinic laat doen. Ná 35 000 km kan ek eerlikwaar sê die krag is heerlik en hy sleep baie beter as voorheen. Hy’s boonop nou ligter op brandstof.

Gerhard Besselsen

Ek het my Isuzu 300 D-TEQ ge- chip. Ongeloofli­k! Ek het pas 8 500 km deur Namibië en Botswana gery sonder enige probleme en met hope krag. Ek sal dit beslis weer doen.

Ryk van Renen

My ervaring is wonderlik. My ryding draf nou asof die eindtye op ons is en hy is lig op brandstof. Ek het al 15 000 km met my verbeterde enjin afgelê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa