Weg! Ry & Sleep

Waarheen is jy op pad?

-

My een broer het altyd dieselfde sinnetjie wat hy by sy verjaardag­wens inglip wanneer hy bel. Êrens tussen die “Hallo, Boeta!” en “Nou maar toe, groete vir almal daar” raak sy stem effens dieper en statiger... en dan sê hy: “Mag die beste dag van laasjaar die slegste dag van die komende jaar wees.”

Ja, dit is dalk ’n effens geykte sêding en ek glimlag elke keer wanneer hy dit kwytraak, maar ’n mens kan nie regtig met dié gedagte stry nie. Is dit nie maar waarvoor ons almal wens nie? Dat dit môre beter met ons sal gaan as vandag? Is dit nie wat voorspoed in wese is nie?

Voor ons lê ’n jaar wat ongetwyfel­d vol nuwe uitdagings en waarskynli­k vol veranderin­g gaan wees.

’n Mens het deesdae nie veel beheer oor dié klas van ding nie. Die een ding waaroor jy wel ’n mate van beheer het, is jou reisplanne vir 2018. Of jy nou mik na Angola of Amanzimtot­i, Botswana of Bela-Bela, Namibië of Nooit- gedacht, die Weskus of Wildernis, ons wens jou net voorspoed toe. Mag die pad stil en sonder skerp klippe wees, en jou staanplek gelyk met groot koeltebome.

En onthou om jou reis met ons te deel. Een van die wonderliks­te aspekte van ons werk is hoe ons oorval word met lesers se stories van hulle reise. Vat byvoorbeel­d die storie wat die Taits van Ottosdal op bl. 70 vertel van hulle kampreis deur Angola saam met ’n klomp vriende. Ons is honger vir stories soos dié, want dit stel ons in staat om plekke te beleef waar ons andersins nie maklik sou uitkom nie.

Maak dus jou planne, hou noukeurig dagboek, neem tonne foto’s en stuur dit vir ons. Dalk beland jou storie, nét soos die Taits s’n, een van die dae in die tydskrif. Veilige reis!

 ??  ??
 ??  ?? REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com
REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa