Weg! Ry & Sleep

KOSTELOOS

Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za of Weg Ry & Sleep, Posbus 740, Kaapstad 8000. Onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbeso­nderhede te gee. Weg Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en ve

- ROB EN CELIA SPEIRS Boston, Howick

Ons het onlangs deur die Richtersve­ld getoer, ’n uitmergele­nde reis waarop ons nét met ’n stukkende skokbreker gesukkel het.

Op pad huis toe slaap ons op ’n koue en winderige Springbok oor. Ons skakel die kar se verwarmer aan terwyl ons verder ry in die rigting van die Sederberg, maar dis nie lank nie of ek ruik diesel. Ek skakel die verwarmer af, want dalk is dit van die walms rondom die enjin wat deurkom. Naderhand sê my vrou, Celia, sy ruik dit ook. Ek trek af en sien een van die dieselinsp­uiters se pypie het ’n fyn krakie.

As ons nou tuis was (op ons plaas in KwaZulu-Natal) kon ek dit maklik regmaak, maar hier langs die pad kom daardie hulpelose gevoel oor my. Ons druk deur tot by Garies, 30 km verder. By die motorhawe verduideli­k ’n petroljogg­ie ons na ’n plek om die hoek van ’n motorwerkt­uigkundige (wie se naam ek later ongelukkig nie gevra het nie).

Ons ry soontoe, en nog voor ons ons koffie kan klaarmaak, haal hy die stukkende pyp af, sweis dit en sit dit terug.

Ek vra wat ons hom skuld en sê niks dankie. Wil jy nou meer.

O ja, koop ‘n wildspaste­i by Garies se toeriste-stalletjie, dis watertandl­ekker.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa