Weg! Ry & Sleep

SOETE WATER

- ASA BESSLEY Mitchels Plain

Ná 34 jaar besluit ons as familie om weer by Soetwater naby Kommetjie te gaan kamp.

Ons kry al ons kampgoed in twee karre en twee bakkies gelaai en neem die mooi kuspad naby Scarboroug­h verby tot by Soetwater.

By ons aankoms moet die manne bontstaan om die tente op te kry terwyl my vriend Nazeem Hendriks sorg dat die vure aan die gang kom. Die braaiery ontaard in ’n lekker gesels en ons kuier die hout skoon op. Die volgende oggend moet ons nog braaihout gaan koop, en ek kry ’n lekker stomp vir R10 langs die pad wat die vuur langer aan die gang kan hou.

Terug by Soetwater sien ons nogal uiteenlope­nde kampeerder­s wat ook langs die seewater kom ontspan. In die een hoek is ’n klomp mense met motorfiets­e en aan die anderkant sowaar nonne wat kom kamp.

Ons sou bly tot die Maandag, want dis ’n langnaweek. Maar toe hoor ons hier kom groot reën en pak ’n dag vroeër op. Die kamp was so lekker ons het klaar weer bespreek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa