Weg! Ry & Sleep

Vulstasies­tories

Hoe verkies jy sake wanneer jy by die vulstasie indraai?

-

Chris van der Merwe

Met die Cruiser gooi ons hom vol tot net onder die prop. Dan krap ek rond vir nog houers of bottels... tot die leë blatjangbo­ttel wat by die kinders se voete lê. Ons het dit ook nodig as ons die volgende vulstasie wil haal.

Adrian Trevor Smuts

Dit hang af hoe ver ek moet ry tot ek weer kan ingooi én wat op my bankkaart beskikbaar is. Daardie ekstra klompie liters kos ’n paar rand.

Geert de Jong

Ek gooi hom maar vol. My kar is buitendien só swaar op brandstof, as ek wegry, is hy klaar op die vlak waar die outomaties­e stopfunksi­e normaalweg sou inskop.

Niel Maree

Julle klomp swem seker in die geld! Ek kon dit jare laas bekostig om my kar se tenk vol te maak. Deesdae stop die petroljogg­ie outomaties as die pomp by R100 kom.

Pieter Schoeman

Ek skud my kar heen en weer – soms tot die kinders naar word – en laat hom dan loop tot hy vanself stop. Dán is die tenk vol.

Johan Bantjes

Volgens my ervaring kan jy ’n bykomende 5-10 ℓ brandstof bygooi as jy die tenk heeltemal vol maak. My brandstofv­erbruik is egter min of meer dieselfde ongeag hoe ek dit doen. Dit is trouens effens beter as ek volmaak tot die pomp die eerste keer outomaties stop.

Stef du Raan

Ek vra dat hulle hom propvol maak. Nadat die pomp vir die eerste keer outomaties gestop het, vat my kar nog sowat R140 se brandstof.

Mike Hamilton

Ek ry met ’n Land Cruiser. Ek sê “stop” as die pomp R2 000 bereik.

Hentie Holtzhauze­n

Ek vra maar elke keer dieselfde pompjoggie­s om vol te maak tot hy afskop.

Suzette Lambrechts

Ons tap net tot wanneer die pomp afskop. Anders word my kar met petrol bemors.

Gielie Lambrechts

Ek gebruik ook dieselfde pompjoggie. Sy naam is Paulus en hy mors nooit nie. Ek dink die meeste van hulle gooi netjies in.

Jaco Prinsloo

Ek stop met die agterwiel (aan die prop se kant) op ’n blok en maak dan vol. Ek doen dit verkieslik ook vroeg in die oggend.

Chris en Alida Laing

Ons gooi ook in tot die pomp outomaties stop en rond dit dan af tot die naaste rand. Ons gebruik die outomaties­e stopfunksi­e omdat brandstof uitsit wanneer dit warm word. Ons het al ons Bantam op dié manier beskadig toe hy met ’n propvol tenk in die son gestaan het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa