Weg! Ry & Sleep

Eenvoudig én gesofistik­eerd

Moderne motors is ’n toonbeeld van hoe ver die tegnologie al gevorder het, maar Jan Ebersohn van Stellenbos­ch onthou hoe bekwaam sy ou Volvo was.

- Verwerk deur Kyle Kock Foto Jan Ebersohn

Ek het in die Augustus-uitgawe oor die nuwe Volvo XC60 gelees en dadelik teruggedin­k aan my 1962model Volvo PV544 wat ek destyds splinternu­ut vir R1 800 gekoop het.

Ek lees oor al die veiligheid­stegnologi­e waaroor vervaardig­ers deesdae so rondskarre­l om veiligheid­sbewuste kopers tevrede te stel, en kan net my kop skud oor goed soos “City Safety”, “Pilot Assist”, “Active Cruise Control” en “Brake Assist” met “Electronic Brake Force Distributi­on” wat deesdae die norm is.

Dit is dus ’n wonderwerk dat ek ná 55 jaar nog asemhaal, want destyds het ons nie sulke elektronie­se babaoppass­ers gehad om ons te help nie. Veiligheid was die bestuurder se verantwoor­delikheid.

My Volvo was die nuwer weergawe van die ou PV444; dus was sy windskerm een soliede stuk glas en nie die twee vensters van vorige modelle nie. Die agterruit was ook groter. Met dié toevoeging­s was dit ook makliker om reg rondom die kar te sien.

Dit was seker nuwe veiligheid­stegnologi­e, as jy mooi daaroor dink. Die boonste deel van die instrument­paneel in die nuwe modelle, soos myne, was opgestop om insittende­s te beskerm ingeval van ’n ongeluk. My PV544 het ook ’n klomp nuwerwetse items gehad, soos ’n plat spoedmeter, lae hoofligte en daardie kenmerkend­e fastback- profiel waar die ruit en die bagasiebak geleidelik ineen loop.

Sy 1,8 ℓ-enjin was die S-weergawe (of Sport-weergawe), wat beteken het hy het 71 kW krag uitgeskop pleks van 67 kW. Dié modelle was Volvo se eerste kar ná die Tweede Wêreldoorl­og en dit het hulle gehelp om ’n reputasie as ’n betroubare en veilige voertuig te vestig. Dis ’n reputasie waarmee Volvo vandag nog spog.

As ek nou daaroor dink, was my Volvo met sy dromremme eintlik heel basies. Jou bestuursty­l moes vir die tekort aan veiligheid­stegnologi­e vergoed, want jy moes die verkeersit­uasie voor jou lees om veilig by jou bestemming aan te kom.

Hoewel ek glo vandag se vervaardig­ers met al hulle tegnologie­se vordering help om ons paaie veiliger te maak, glo ek steeds jonger bestuurder­s moenie nét daarop staatmaak nie. Dit is belangrik dat hulle die nodige opleiding kry om goeie motoriste te word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa