Weg! Ry & Sleep

Dankie vir die inloer

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Ná die agt maande wat Weg Ry & Sleep op die rak is, was die onlangse Beeld-vakansiesk­ou my eerste geleenthei­d om van ons lesers te ontmoet. Baie dankie aan elkeen wat kom bladskud en ’n geselsie aangeknoop het. Die terugvoer wat julle oor ons tydskrif gegee het, is vir ons goud werd.

Weg Ry & Sleep bestaan om een rede alleenlik, en dit is om jou, ons leser, beter toe te rus vir jou volgende buitelewe-avontuur. Daarom is dit belangrik dat jy met ons gesels en ons meer vertel oor jou behoeftes.

Ek het dit vir almal wat ek by die skou ontmoet het gesê, en ek sê dit weer: My kontakbeso­nderhede is hieronder. Neem asseblief die vrymoedigh­eid om met my te gesels as jy iets op die hart het.

Die kleintjies kraai koning

Die een ding wat soos ’n paal bo water uitgestaan het by die Beeld-vakansiesk­ou, is vervaardig­ers se fokus op ’n nuwe geslag kampeerder­s. Jonger mense, dus, wat nie ’n sogenaamde sleeprybew­ys (kode EB) het nie.

Jy weet teen dié tyd al jy kan nie ’n wa swaarder as 750 kg met jou gewone rybewys sleep nie, en drie waentjies in dié gewigsafde­ling het my oog getref: die Gypsey Lite Impi, Aloe se Peri Peri en Venter se Mini Camper. Leon vertel jou op ons nuusblaaie in besonderhe­de oor dié drie plus ’n magdom ander waens en ryhuise. En as jy ooit gewonder het hoe lyk ’n ryhuis van R2,5 miljoen, gaan loer gerus op bl. 24.

Goeie nuus

Toe General Motors (die eienaars van Isuzu in Suid-Afrika) verlede jaar uit SuidAfrika onttrek het, was daar derduisend­e bekommerde Suid-Afrikaners wat deur werklooshe­id in die gesig gestaar is. Isuzu in Japan het egter ingegryp en die Struadale-aanleg in Port Elizabeth by GM gekoop. Cyril was by die opening van die aanleg en hy vertel daar is ’n nuutgevond­e optimisme onder die werknemers.

Isuzu het by dié geleenthei­d ook sy jongste voertuig, die MU-X-sportnutsw­a, bekend gestel. Lees op bl. 28 meer hieroor en laat weet wat jy dink.

Veilige reis!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa