Weg! Ry & Sleep

IS DIE SYFERS DALK OPGEBLAAS?

- WILLEM CILLIE’ Bellville

Ek verwys na die artikel “’n Pomp vir elke Piet” in die Januarie-uitgawe. Die artikel is tegnies so korrek as wat jy kan kry, maar ek voeg graag die volgende by.

Tussen al tien die kompressor­s wat julle getoets het, gee die verskaffer­s elk ook die volume lug wat die spesifieke kompressor kan verplaas, soos byvoorbeel­d 75 ℓ/min. Maar ek wil graag daarop wys dat hierdie bloot ’n teoretiese syfer is en nié die werklike luglewerin­gsvermoë van die kompressor nie. Hierdie syfers word bereken deur die hoeveelhei­d lug wat die suier van die kompressor in ’n minuut kan verplaas. Die lugverlies­e moet ook van die syfer afgetrek word. Hoe hoër ’n kompressor se omwentelin­ge, hoe laer die persentasi­e lewering. Die rede is tegnies van aard – die suier draai onder voor die silinder vol lug vloei, en draai bo voordat al die lug deur die kleppe uitgelaat is. Die bietjie lug wat verby die ringe ontsnap, is minimaal en weglaatbaa­r.

Dis belangrike­r om eerder te weet wat die werklike lewering is. Soos in julle geval het julle ’n band van 1 bar tot 2 bar gepomp en dit neem ’n spesifieke tyd. Ek het na dieselfde band gekyk wat julle gebruik het, en hierdie 1 bar se lug is gelykstaan­de aan 72 ℓ.

Wanneer ek julle resultate (die tyd) vergelyk met die 72 ℓ lug en wat die vervaardig­ers sê die lewering van hulle pompe is, oordryf nege uit die tien van hulle oor die vermoë van hulle kompressor­s. Nege pompe het tussen 7,6% en 59% minder lug gelewer as wat hulle op die verpakking beweer. Net een van die ouens het in der waarheid 37% beter gevaar as wat hulle eie syfers sê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa