Weg! Ry & Sleep

Padkospraa­tjies

-

Hoe lyk jou padkos? Pak julle toebroodji­es en ’n fles koffie en eet dit langs die pad, of stop julle vir ’n vinnige pasteitjie en ’n koeldrank by die vulstasie? Of gaan sit julle aan vir ’n hamburger en melkskomme­l by ’n kitskosres­taurant?

Roland Straub

Ons stop gewoonlik by die Wimpy langs die pad, maar vanjaar pak ons ordentlike padkos. Frikkadell­e, gekookte eiers, hoenderbou­djies en broodrolle­tjies. Ons wil vir die kinders wys hoe ons dit voorheen gedoen het.

Ludwig Schnettler

Ons stop en eet ’n lekker Wimpy-ontbyt.

Cathrine Dixon

Ons pak gesnyde skaapboud, frikkadell­e, eiers, stukkies wors, broodrolle­tjies met botter, koffie en koeldrank.

Melanie Vorster

Ons hou van broodrolle­tjies met kouevleis en kaas, sap en water. Dalk ’n stukkie droëwors en Jungle bars. Ons eet sommer in die ry.

Johan Terblanche

Jy waag deesdae ’n kans om langs die pad te stop om te eet. Ons geniet ons padkos in die kar en wag tot by die volgende vulstasie om bene te rek.

Lettie van Aarde

Ons stop vir ontbyt by die Wimpy of Maxi’s. Nadat ons gerus het, is ons weer reg om in die pad te val. Ons peusel tussendeur aan droëwors en lekkers.

Kobus Horn

Ek pak my eie padkos, want ek het nou al my les geleer met pasteitjie­s wat ’n mens langs die pad koop. Ek het ook al ervaar dat die diens by Wimpy ná 8 nm. nie baie goed is nie. Tuisgemaak­te padkos bly maar net die beste.

Madelein Coetzee Lundie

’n Fles koffie, ’n fles tee, ham-en-kaas-toebroodji­es, gekookte eiers en tuisgemaak­te KFC-hoenderbou­djies. Heerlik.

Duane Van Wyk

Wimpy, al die pad.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa