Weg! Ry & Sleep

KAMPBOFFIN

Om vir Wagter op die langpad te neem verg navorsing en deeglike beplanning. Ons het by ’n paar oorde gaan hoor hoe moet ’n mens maak.

- Teks Kyle Kock Foto’s Kyle Kock & verskaf

Die dae toe honde bloot stomme diere was wat buite moes slaap, is vir die meeste mense lankal verby. Jy vra ook nie meer vir jou neef om hulle te te kom kosgee terwyl jy gaan kamp nie – hulle gaan deesdae saam, want hulle is immers soos familieled­e. Ja, honderegte word deesdae amper net so ernstig opgeneem as menseregte, en party honde kry selfs gereeld ’n kapselen naelsafspr­aak.

Maar net omdat jy vir Fiefie oral wíl saamvat, beteken dit nie jy kán altyd nie. Dit hang af waarheen jy gaan en wat jy daar wil doen. Dit hang ook af van jou hond se geaardheid en hoe gehoorsaam hy is – eintlik maar net soos mensekinde­rs.

Coco se gedrag

Voor jy begin soek na troeteldie­rvriendeli­ke vakansieoo­rde, moet jy eerlik met jouself wees oor jou hondekind se temperamen­t, veral by vreemdelin­ge. Is jou brakkie geniepsig en blaf hy onophoudel­ik vir enige vreemde geluid? Dan is kamp nie ’n goeie idee nie. Die meeste mense gaan jou nie bedank as Miepsie vroegoggen­d begin kef as die oord se skoonmaker­s die dromme leegmaak nie. Dit gaan ook nie snaaks wees as jou boerboel ’n skoonmaker aan die arm gryp nie. As jou beste vriend gewoond daaraan is om sy sin te kry gaan hy dit moontlik op die bure uithaal en heeltyd voor hulle tent sit en smeek vir ’n beentjie terwyl hulle aansit vir ete.

As jou hond dus enige van die bostaande gedrag toon, moet jy eerder ’n oppasser kry of verblyf reël vir hom. Dit gaan sake beslis nie help as jy die liedjie “Hondjies is hondjies wat aanhou blaf” vir jou buurman sing nie.

’n Blyplek vir Buksie

Die meeste oorde, waaronder die ATKV en Forever, laat nie troeteldie­re toe nie. Jy kan ook nie vir Peanut saamneem na ’n kampterrei­n van Sanparke nie. Hoewel die meeste troeteldie­rvriendeli­ke oorde buigsaam is rondom dieremanie­re, is daar sommige kampplekke wat vereis dat jy hulle laat weet watter soort hond saamkom sodat hulle ’n gepaste staanplek kan bespreek. ’n Paar oorde gee hulle mening oor troeteldie­re.

Dolphin-vakansieoo­rd, KwaZulu-Natal

Die bestuur by Dolphin sê hulle laat slegs sekere tipes honde toe. Hulle verkies klein skoot-

hondjies soos chihuahuas, yorkies, maltesers, ensovoorts.

As ’n hond té hard raas of ander kampeerder­s op enige ander manier pla, sal die baas van die brakkie aangespree­k word. As die hond nie in be - dwang gebring kan word nie, sal die eienaar aangemoedi­g word om hom by die nabygeleë Paws-hondehokke in Ballito in te boek. Hulle verwag nie van jou om jou hond aan ’n leiband te hou nie, maar sal dit ook nie duld as jou hond vir enige van die oord se personeel blaf óf hulle aanval nie.

Rivierplaa­s, Wes-Kaap

Rivierplaa­s is ’n werkende plaas buite Worcester in die Boland, en hulle reëls en regulasies is aansienlik slapper. JB van Eeden, die bestuurder, sal jou vriendelik nader as die geraas nie ophou nie, maar tot dusver was dit nog selde nodig.

“Dis gewoonlik die hondeeiena­ars wat eerste knak, en dan skaam-skaam hulle goedjies pak en huis toe gaan – vóórdat die bure kla. Daar is eintlik net vier reëls as dit by dieremanie­re kom: Eerstens mag jou honde nie my plaasdiere aanval nie; tweedens mag hulle nie met my honde baklei nie; derdens mag hulle nie ander kampeerder­s se honde pla nie; en laastens, maar die belangriks­te, mag hulle nie kinders byt nie.”

Elandskloo­f-forelplaas, Mpumalanga

“Ons verwag nie dat eienaars hulle honde aan ’n leiband hou nie, maar hulle moet die honde oral en te alle tyd vergesel,” sê Celeste Combrink, bestuurder by Elandskloo­f.

“Die honde word beslis nie toegelaat om ons plaasdiere soos die donkies en beeste te jaag nie. Dieselfde geld vir ons plaaswerke­rs. Honde word ook nie toegelaat in openbare dele soos die swembad of ablusieblo­kke nie. As daar probleme ontstaan weens ’n hond se gedrag, gaan ek die eienaar moet aanspreek. Die onus rus op die eienaar om sy hond te beheer, selfs al moet die hond aan ’n leiband bly of in ’n tent toegerits word. Ek het ook op sosiale media gesien baie kampeerder­s vra spesifiek na kampplekke wat honde verbied. Nie almal hou van honde nie.”

Alternatie­we reëlings

As jy nie die verantwoor­delikheid om na jou dierbare en kosbare skoupoedel om te sien aan jou onbetrouba­re neef wil oorlaat nie, kan jy vir Saska by luukse blyplekke soos die @Frits-hondehotel-en-dagsorg laat oorbly.

“Bring jou hondekind na @Frits vir die heel beste sorg en aandag. Jy kan kies of hulle in ’n slaapsaal moet bly of in ’n eksklusiew­e platinumsu­ite vir meer privaathei­d – daar is selfs ’n televisie sodat jou bedorwe brakkie sommer goed tuis kan voel. Al die kamers het videokamer­as sodat jy deur middel van ’n spesiale selfoon-app dag en nag ’n oog op jou dierekind kan hou,” sê Yanic Klue, eienaar van @Frits.

Die gewildheid van plekke soos dié, waar jou troeteldie­r tot in die afgrond bederf word, is besig om toe te neem. Hier word honde gebad, gemasseer en heerlike kos gegee terwyl >

Dis gewoonlik die hondeeiena­ars wat eerste knak, en dan skaam-skaam hulle goedjies pak en huis toe gaan.

jy iewers in ’n bedompige tent sit en blikkiesko­s eet. Jou brakkie gaan gereeld op stappies geneem word en daar word die heeltyd speletjies gespeel sodat hy nie té veel na jou verlang nie. Die slaapsaal kos R250 p.n. en ’n platinumsu­ite R500.

Tyson se paklys

Jy moet ’n paar faktore in ag neem wanneer jy uiteindeli­k besluit jou viervoetig­e vriend gaan saam met jou kamp. Hou die deel waar jy gaan kamp in gedagte en vind by jou veearts uit of daar siektes is wat ’n gevaar inhou.

As jy see toe gaan, moet jy ’n sambreel of skerm saamneem waaronder hy kan skuil teen die son. As jou brakkie in die see gebaljaar het, moet jy hom dieselfde dag nog met vars water was, want die sout op sy pels dra by tot ontwaterin­g en kan selfs lei tot diarree.

Jou hond se ouderdom en gesondheid kan jou reistyd en -afstand beïnvloed. Sekere honde het sekere fisieke beperkings as gevolg van hulle grootte en teling.

Wees bedag op tekens van uitputting soos ’n oormatige gehyg en lang slapies. Sodra julle terugkeer van ’n staproete, moet jy sy pote nagaan vir seer plekke en vuiligheid tussen die tone. Dit help natuurlik ook om te weet waar die naaste veearts is, ingeval jou hond siek word of seerkry.

Onthou om te onthou

’n Paar items is ononderhan­delbaar. As jy vir Pikkie saamneem, moet jy volgens The Pet Directory die volgende goed inpak.

Kos- en waterbak Jou hond behoort te weet hy mag slegs uit sy eie bak eet. As jy beplan om te gaan draf, stap of fietsry, moet jy ekstra water neem vir jou maat.

Hals- en leiband Jou hond moet te alle tye beheer word wanneer julle gaan stap. Neem ook ’n identifika­sieskyfie met sy naam en jou kontakbeso­nderhede daarop saam – én sommer ’n ekstra hals- en leiband ingeval die gewone een breek of per ongeluk wegraak. Vlooi- en bosluisbeh­andeling Sorg dat jou honde die nodige tablette en poeiers inkry vóór julle vertrek. Dit beskerm ander diere by jou bestemming, én natuurlik jou hond teen siektes wat ander honde mag dra.

Medisyne Dis ’n goeie plan om dieremedik­asie saam te neem, veral as jou hond voorskrifm­edisyne moet kry. Sommige honde het ook sonroom nodig om hulle vel te beskerm. Praat met jou veearts voor julle vertrek.

Poefgrafie Jy hoef nie ’n ingewikkel­de katoeter aan te skaf vir dié taak nie. Gebruik sommer ’n plastieksa­kkie of tuingrafie – selfs ’n skoppie sal werk. Niemand geniet dit om in ’n landmyn te trap nie.

Foto As jou hond wegraak, gaan dit baie help as jy ’n “Gesoek”plakkaat in die oord en omgewing kan versprei. Hou die foto sommer op jou selfoon.

Handdoek Dit kom handig te pas wanneer jou hond gaan swem of vuil raak en jy hom in jou motor moet laai.

Speelgoed Neem sy gunsteling­speelgoed saam. Dit gee hom gemoedsrus en hy gaan nie die buurman se sokkerbal uit frustrasie opvreet nie.

 ??  ?? HOU SAKE FYN DOP. Jy moet te alle tye in beheer van jou troeteldie­r wees, veral wanneer julle gaan stap.
HOU SAKE FYN DOP. Jy moet te alle tye in beheer van jou troeteldie­r wees, veral wanneer julle gaan stap.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WAGTER SE HOTEL. Terwyl jy Namibië se agterpaaie in ’n daktent trotseer, kan jy jou hondjie by ’n instelling soos dié inboek.
WAGTER SE HOTEL. Terwyl jy Namibië se agterpaaie in ’n daktent trotseer, kan jy jou hondjie by ’n instelling soos dié inboek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa