Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

Hy het ’n klompie plekke geïdentifi­seer waar oornagplek­ke vir slepers reeds bestaan óf waarvan die ligging goed is daarvoor, sê Neels van Heerden.

-

Duisende gesinne sleep elke jaar oor langnaweke en skoolvakan­sies kus toe. Met ’n woonwa op die haak is oorde in KwaZulu-Natal van Gauteng af ’n rustige dagreis ver. As jy vroegdag al by Scottburgh, die Dolphin-oord of Mac Nicol’s wil aankom en jou wa rustig en sonder haas haaks trek voor jy die sytent opslaan en dan ’n koel lafenis geniet terwyl die kinders soos mis voor die son verdwyn, moet jy nét na middernag uit die Goudstad wegtrek.

Die reis Oos- of Wes-Kaap toe vereis gewoonlik dat julle êrens moet oorslaap. Ek sien gereeld op sosiale media hoe slepers ’n veilige oornagplek soek wat nie “’n plaas se prys” kos nie.

Ek glo die vernaamste vereistes vir sulke plekke is veiligheid, goeie ablusieger­iewe, die ligging en die gehalte van die staanplek self.

Die meeste woonwaens is taamlik beknop binne-in wanneer ’n mens op pad is – al die laaste goeters wat nie in die sleepvoert­uig ingeprop kon word nie, moet mos hier in. Waar slaap Ouma, Sus en Daan dan? Juis daarom is slaapplek in ’n chalet dikwels nodig. Pa of Ouboet slaap dan in die wa vir ekstra veiligheid.

Die vraag is daar, maar hoe lyk die aanbod van veilige en bekostigba­re oorstaanpl­ekke?

’N PETROPORT IS ’n puik plek om bene te rek, brandstof in te gooi en iets te snoep te kry. Dis in elk geval ’n goeie gewoonte om elke 250 km te stop en die sleepkombi­nasie na te gaan – te kyk of die woonwa se wielmoere nog styf vas is en al die ligte werk.

Die bestaande sakemodel vir petrolport­e is ’n kombinasie van ’n spesifieke brandstofh­andelsnaam en ’n spesifieke kitskosres­taurant as ’n franchise. Blykbaar was dit nog nooit deel van die bekende franchises se beplanning om oorslaapge­riewe te vestig nie. Ek kon ook nog glad nie enige navorsing opspoor wat die lewensvatb­aarheid en winsgewend­heid van ’n oorslaapop­sie by petroporte ondersoek het nie.

Die afgelope Desemberva­kansie was dit vir my opvallend hoe die geriewe by ’n gevestigde petroport in die KwaZulu-Natalse Middelland agteruitge­gaan het.

Vervalle geboue en geriewe skep ’n swak beeld vir enige maatskappy – des te meer nog as duisende toeriste jaarliks jou instelling besoek. Ek wil beslis nie by só ’n vervalle plek oornag nie.

’n Nuwe ontwikkeli­ng tussen Warden en Villiers, 250 km van Pretoria af en reg langs die snelweg, is ’n besienswaa­rdigheid waar jy ook kan bene rek. Onderhande­lings is aan die gang om oornaggeri­ewe vir woonwaens en veral ryhuise te vestig.

’n Soortgelyk­e ontwikkeli­ng is ook nodig iewers tussen Estcourt en Pietermari­tzburg. Howick se munisipale kampplek het al jare gelede tot niet gegaan, en die Midmardam is omtrent die enig- ste opsie naby Pietermari­tzburg. By Harrismith is daar ’n kampplekki­e in private besit. Dis reg langs die snelweg en stapafstan­d van heelparty eetplekke af.

MAAR WAT VAN ander roetes? Ek het ’n padkaart beloer en ’n klompie plekke geïdentifi­seer waar oorstaanpl­ekke reeds bestaan of waarvan die ligging goed is daarvoor. So ’n plekkie hoef net vyf staanplekk­e te hê. Op pad Kaap toe is ’n vreeslike oulike plekkie net noord van Britstown. In en om Bloemfonte­in en Beaufort-Wes is ’n hand vol moontlikhe­de, en tussen Jamestown en Queenstown is daar vir mense wat Oos-Londen toe mik, ’n opsie op ’n plaas naby aan die teerpad.

Onder in Schoemansk­loof is ’n kleinerige vulstasie-en-winkelkomp­leks wat dag en nag oop is. Hier kan ’n paar staanplekk­e ontwikkel word vir mense wat rusplek soek op pad na die Krugerwild­tuin toe.

Wat franchises betref... Wat van ’n handelsnaa­m soortgelyk aan dié van die Automobiel-Assosiasie vir verblyf? My idee is dat goedgekeur­de oornagplek­ke dan ’n bordjie kan hê met iets soos “Weg Ry

& Sleep Aanbevole Oornagplek” daarop. Ek is bereid om die kriteria in samewerkin­g met lesers van die tydskrif op te stel. Kampeerder­s wat hierdie kuipe aandoen, sal elke keer ’n kort anonieme verslaggie skryf om seker te maak die standaarde word gehandhaaf. Wat dink jy daarvan?

Kampeerder­s wat hierdie kuipe aandoen, sal elke keer ’n kort anonieme verslaggie skryf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa