Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Enige woonwa- of bootsleper moet minstens een keer sy sleepkombi­nasie laat weeg om seker te maak hy is veilig en wettig op die pad, sê Mic van Zyl.

-

Ek het onlangs ’n warm gesprek met ’n klant gehad oor bolgewig, wat basies die gewig is wat ’n sleepof woonwa op die bol van jou sleepstang plaas.

Die klant het sy bakkie met nuwe vering toegerus omdat die bakkie erg gesak het aan die agterkant wanneer hy sy boot en sleepwa haak. Sy nuwe vering is gegradeer vir tot 200 kg teen ’n styging van 40 mm in rithoogte bo die standaard. Maar die eerste keer dat hy sy boot haak, het die agterste vering aansienlik gesak... en hy was natuurlik glad nie ingenome nie.

Daar is ’n klompie dinge wat ’n mens in ag moet neem wanneer jy kyk na bolgewig, sleepstang­vermoë, voertuigsl­eepvermoë en die aanbring van opgegradee­rde vering om daarvoor te vergoed. Enige woonwa- of bootsleper moet minstens een keer sy sleepkombi­nasie laat weeg om seker te maak hy is veilig en wettig op die pad. En jy moet dit verkieslik doen met jou wa wat gelaai is, net soos wanneer julle gaan kamp.

Die beste is om ’n amptelike weegbrug te besoek. Om ’n akkurate lesing van jou bolgewig te kry moet jy die wa op sy eie weeg terwyl hy op sy wiele en neuswiel staan. Haak hom daarna aan jou kar en weeg die wa weer, maar sonder dat jou ryding se wiele op die weegbrug is. Trek die twee lesings dan van mekaar af om die bolgewig te kry.

JOU WA SE BOLGEWIG is om verskeie redes baie belangrik, en ’n verkeerde bolgewig kan lei tot rampspoedi­ge gevolge. Dié gewig moet nooit hoër as die spesifikas­ies op die sleepstang wees nie. Toe ek in Australië gewerk het, het ek mettertyd vasgestel die bolgewig moet tussen 7% en 10% van jou wa se gewig wees – die kenners is welkom om my reg te help as ek die bal mis slaan. My Ford Ranger kan 3 500 kg sleep en die staalagter­buffer met sy sleepstang wat in Australië ontwerp is, het ’n bol wat 350 kg kan dra. My FJ Cruiser se bol kon net 120 kg dra en die sleepstang­vermoë was 1 500 kg. Dit stem ooreen met die sleepvermo­ë van die voertuig, wat ook 1 500 kg was.

Enige gemiddelde dubbelkaju­itbakkie sal effens sak aan die agterkant as jy 350 kg op sy agteras laai. As jy 350 kg op die bol sit, sal die vering en die rithoogte selfs laer sak. Hoe verder die bol van die agteras af is, hoe meer sal dieselfde gewig die voertuig laat sak. Dis hoe hefboomkra­g werk.

DIT IS DIE PROBLEEM met die klant na wie ek vroeër verwys het. Hy sleep ’n baie groot boot op ’n hoëspoedsl­eepwa met sy nuwe Nissan Navara. Die as van ’n hoëspoedsl­eepwa sit verder agtertoe, wat beteken daar is meer gewig op die bol.

Die Nissan het kronkelver­e agter, in teenstelli­ng met die tradisione­le bladvere. Ek het al voorheen die lof van dié spesifieke veerstelse­l besing omdat dit vir ’n gemaklike rit sorg. Maar anders as met bladvere is daar nie ’n tweede deel wat kan help as daar so baie gewig op die bol is nie. Ons weet nie wat die bolgewig van die boot en sleepwa is nie, maar as ek so na die foto kyk, lyk dit baie swaar en ek is taamlik seker dit grens aan onveilig en is beswaarlik wettig.

Dit gaan amper onmoontlik wees om ’n oplossing vir die probleem te kry. Dit sal help om swaarder staalkrulv­ere agter aan te bring, maar wanneer jy die boot afhaak, sit jy met ’n nuwe uitdaging met daardie swaar agtervere op ’n leë voertuig. Dalk is lugbystand­vere in die krulvere die antwoord, want dan kan jy self bepaal hoe styf die agtervere moet wees.

Ek kan egter nie help om te glo dié meneer het ’n klein lorrie nodig om sy boot te sleep nie. Enige plaaslike dubbelkaju­itbakkie gaan swoeg.

Hoe verder die bol van die agteras af is, hoe meer sal dieselfde gewig die voertuig laat sak. Dis hoe hefboomkra­g werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa