Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

My besoek aan Parys vir vandeesmaa­nd se kampartike­l was bittersoet. Bitter omdat dit omtrent die heeltyd gereën het (iets waaraan ons Kapenaars nie meer gewoond is nie) en omdat my vrou werk en my kind op skool is en hulle dus nie kon saamkom nie. Maar dit was ook soet, omdat ek weer ’n draai kon maak op ’n dorp waar ek twee jaar gewoon het én omdat my ouers saam met my kom kamp het.

Dit was lekker om saam met my pa en ma weg te kom vir ’n klompie dae, selfs al was die weer nie watwonders nie. Dit was ook interessan­t om hulle insette te hoor oor die plekke wat ons besoek het. Maar hoe het ek op Parys en Leon by Kam’Bati beland en hoekom was Zigi oor amper al wat ’n pas is in die Oos-Kaap? Waarom skryf Cyril vandeesmaa­nd oor domkragte en Kyle oor troeteldie­re en oor veiligheid in die kampterrei­n?

Ons het ’n klompie maande terug gaan sit en die res van ons jaar haarfyn beplan. Ons is in die gelukkige posisie dat ons nie net vir ’n buitelewet­ydskrif werk nie, maar dat elkeen van ons ook buitelewe-entoesiast­e is. Daarom besoek ons nie net plekke wat ons dink jy wil besoek nie, maar omdat ons dit ook graag self wil sien en beleef.

Ook artikels soos “4x4-professor” en “Kampboffin” word beplan, nagevors en geskryf omdat dit ook vir ons interessan­t is. En ons glo dit sal jou nie net inlig nie, maar ook sommer vermaak.

Maar hoewel ons ons huiswerk deeglik doen en altyd eerlik en opreg aan jou verslag doen, is ons nie kenners wat alles weet nie. Allermins. Daarom het ons jou hulp nodig. As jy weet van iets wat volgens jou op die blaaie van Weg Ry & Sleep hoort, moet jy ons asseblief laat weet. Vertel ons van jou gunsteling­kampplek of -roete en stuur vir ons die inligting van jou swaer wat sy eie daktent of laaistelse­l gebou het. Vertel ons van jou wa en jou ryding. Hoe meer ons weet, hoe meer weet jy. Kom ons help mekaar.

Veilige reis!

As Wildrich vandag nog geleef het, sou ek daai nuwe P’Zazz wou sien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa