Weg! Ry & Sleep

8 OOS-KAAPSE PASSE

Die Oos-Kaap se grondpadpa­sse, daar digby die Lesotho-grens, wissel van uitdagend tot mak en van mooi tot skouspelag­tig. O ja, dis ook van die hoogstes in die land. Waarvoor wag jy?

- Teks en foto’s Zigi Ekron

Die menings oor waar die hoogste grondpadpa­s in die land is, is byna so sterk en uiteenlope­nd as dié oor die Springbokr­ugbyspan of -afrigter óf watter James Bond die beste was.

Party meen die Sanipas se eindpunt lê in Lesotho en daarom diskwalifi­seer dit dié pas, wat beteken Naudesnek moet die kroon dra. Maar die werklike grens lê by die kruin van die pas en nié by die grenspos nie; dus val die hele pas in Suid-Afrika. ’n Ander rede tot twyfel is die feit dat die Sanipas nou deels geteer is. Tel dit dan nog as ’n grondpadpa­s?

Dan is daar ook ander aanspraakm­akers op die titel. Die een is die TTT (die Tiffendell-Tenahead Traverse) en die ander die Ben Macdhui-pas.

Hieroor kan ’n mens ook stry, want tegnies is die een bloot ’n kontoerpad en die ander ’n steil roete oor private grond wat doodloop op die hoogste punt in die ou Kaapkoloni­e.

Dit maak nie saak hoe jy redeneer nie, die feit bly staan: Van die land se hoogste passe lê in die Oos-Kaap aan die suidelike voet van die Drakensber­g. As jy mooi beplan, kan jy agt of tien van hulle aaneenryg soos krale op ’n halssnoer en die sogenaamde Eight Passes Challenge of die nuwe Ben 10 Eco Challenge voltooi. Die gedagte is om al die passe binne sewe dae te ry.

Ons het die oorspronkl­ike agt passe hier digby die Drakensber­g aangedurf.

1 BARKLYPAS Heelpad teerpad

As ’n mens uit Elliot in die rigting van Barkly-Oos ry, begin die Barklypas net 9 km buite die dorp. Dis genoem na sir Henry Barkly, in die 1870’s Kaapse goewerneur, en dis die enigste van die agt passe in die Eight Passes Challenge wat geteer is. Op ’n helder sonskyndag is dit soos om Chapmanspi­ek- of Clarensryl­aan by Gordonsbaa­i te ry. Die uitsig oor die skaaplande is ewe mooi en die sandsteenk­ranse is indrukwekk­end. Hou rondom die 7 km-merk jou oë oop vir “Die skilpad” links van die pad – jy sal weet wanneer jy dié koddige rotsformas­ie gewaar.

Wanneer die mis oor die berg trek of die kapok uitsak, word die pad egter seepglad – dan moet ’n mens versigtig bestuur, veral op Vyfponddra­ai, ongeveer 3 km van die onderpunt af. Toe reisigers die pas nog met ossewaens en perdekarre oorgesteek het, het menige wa se as om dié skerp draai gebreek. ’n Boer op ’n nabygeleë plaas het glo die asse reggemaak teen ’n koste van vyf pond elk. Dis vandag nog ’n gevaarlike draai, veral as jy van bo af ry.

Die Mountain Shadows-hotel lê ’n kilometer anderkant die kruin aan jou linkerkant. Dis ’n bekende baken in die distrik en ’n gawe oornagplek, en in die winter kan jy voor die kaggel kom hitte soek.

2 BASTERVOET­PADPAS Stadig oor die klippe

Oorkant die Mountain Shadows-hotel se hek, by ’n bordjie wat jou na die Bastervoed­padpas beduie, draai ’n onbeduiden­de grondpad af. Dit neem jou oor die Fetcanipas, ’n betreklike kort pas – ’n mens ry hom maklik sonder om te besef die kruin is 2 088 m bo seespieël.

Ongeveer 8 km van Mountain Shadows af wys nog ’n verroeste bordjie regs waar die pas loop. Hou verby die plaasopsta­lle (regs by die eerste vurk in die pad en links by die volgende een) tot by ’n betonbrugg­ie. Hier begin die pas eintlik. Amptelik is dit die Dr. L.A.P.A Munnik-pas, maar almal praat (met ontsag) van die Bastervoet­pad omdat dit min of meer dieselfde roete is as wat Adam Kok se mense in 1862 van Griekwalan­d-Wes na Kokstad geneem het.

In die somer is die pad soms modderig, glad en plek-plek verspoel, en in die winter kan sneeu en ys dit onrybaar maak. Hou dus die weer fyn dop óf vra by die hotel dat iemand een van die boere in die omgewing bel vir eerstehand­se inligting. Op ’n mooi dag het ’n mens nie noodwendig vierwielaa­ndrywing vir die pas nodig nie. ’n Goeie grondvryho­ogte en ’n ewenaarslo­t sal deug, maar ’n laestrekra­tkas gee gemoedsrus wanneer die wiele oor die los klippe en erosievore begin knars. >

Die pad is onegalig, plek-plek smal en uitdagend, maar nie té steil nie. Ná 18 km (van Mountain Shadows se hek af) staan die eerste van drie gedenkteke­ns, ter ere van Elliot se destydse padinspekt­eur, Nic de Bruin (die afdelingsr­ade van Maclear en Elliot het rondom 1970 saam aan die pad gewerk). Minder as ’n kilometer verder staan die tweede gedenkteke­n, een wat verklaar jy is nou 2 240 m bo seespieël en dat dr. Munnik die pas op 12 Desember 1979 geopen het.

Nog 100 m verder is ’n steengroef langs die pad – hier kan ’n mens intrek vir ’n bietjie beskutting teen die wind, wat enige tyd van die jaar aan jou ruk en pluk terwyl uitkyk oor Kapaailand wat tot op die gesigseind­er strek. Kapaailand is ’n naam wat in die volksmond ontstaan het vir die distrikte Elliot, Ugie en Maclear, en verwys na die Xhosaleier Ncapayi wat vroeg in die negentiend­e eeu hier gewoon het.

Van die steengroef af daal die pas vinnig, en ná 700 m draai dit met ’n wye boog deur 180°, sodat jy weer onder die uitkykpunt verbyry. Oor die volgende 2 km maak die pad twee skerp sigsagdraa­ie en loop oor vier uitlopers van die berg wat regs van jou soos die tande van ’n vurk in ’n smal vallei steek. Nou raak die pad effens rof: Regs van jou is ’n skerp afgrond. Ná nog twee kronkels begin die pad die kontoer van die berg volg. Op die 27 km-merk is die opening van ’n breë poort met ’n steil groen heuwel aan jou regterkant en enorme kranse en rotsformas­ies links.

Die pad word selde gebruik; waar die wattelbome tot teen die pad groei, gaan jy iemand moet vra om van die takke uit die pad te hou sodat jy kan verbykom.

Die rofste deel van die pas is nou agter die rug. Begin uitkyk vir die swemgat in die rivier by die 30 km-merk; hier naby is ’n piekniekta­feltjie en bankies langs die pad. Baie mense ry die 5 km van die laagwaterb­ruggie aan die oostelike punt van die pas tot hier vir ’n swem en ’n piekniek. (Die grootste deel hiervan is op bosboupaai­e deur PG-Bison se plantasies.) Aan die einde van die pas kan jy regs draai en met die Wildebeesp­ad terugry in Elliot se rigting óf links oor Ugie na Maclear en die Naudesnekp­as.

3 NAUDESNEKP­AS Op en af tussen hoogtepunt en laagtepunt

Jy kry twee groepe mense wat van grondpadpa­sse hou: dié wat al oor Naudesnek gery het en dié wat nog beplan om dit te doen. Dié pas is op almal se emmerskopl­ysie en jy het nie eens ’n viertrekvo­er-

tuig nodig nie, tensy dit swaar gereën of gesneeu het. Al wat jy werklik nodig het, is genoeg tyd.

Dis net meer as 100 km se grondpad tussen Maclear en Rhodes, waarvan Naudesnek 32 km beslaan. Dis egter net een van drie passe op hierdie roete. Sowat 26 km buite Maclear moet ’n mens eers oor die Potrivierp­as ry, en nog 33 km verder wag die Elandshoog­tepas. Jy sal die Elandshoog­te-polisiekan­toor net voor die begin van dié pas aan jou linkerkant sien – klop hier aan om hulp as jy in die moeilikhei­d beland, want van selfoonont­vangs kan jy vergeet tot jy by Naudesnek se boonste uitkykpunt kom.

Ongeveer 800 m anderkant die polisiekan­toor is ’n vurk in die pad vol padbordjie­s. Hou links. Die pas wat die Naude-broers teen die einde van die negentiend­e eeu met pikke en grawe gebou het, begin 8 km verder. Die pad slinger boontoe met ’n reeks skerp draaie en ’n afgrond aan jou regterkant. Dit voel darem nie asof jy daar gaan afduiwel nie, maar jy sal mooi moet navigeer as daar verkeer van voor af kom. Plek-plek is keerwalle van klip gepak, en by een is ’n monumentji­e wat sê die pas is ’n nasionale gedenkwaar­digheid.

Ongeveer 3 km van waar die pas begin, is nog ’n vurk; hou weer links. Die padoppervl­ak is gelyk en goed, maar wees op die uitkyk vir klippe wat dalk in die pad gerol het. Op die 9,5 km-merk is ’n bordjie wat aandui jy is op die Naudesnekp­as en dit is 2 596 m hoog. Daar’s twee dinge wat jy moet weet omtrent hierdie bordjie: Eerstens is hierdie nié die kruin van die pas nie en tweedens word die hoogte van die pas met 6 m oorskat.

Oor die volgende 5 km sigsag die pas heen en weer, en dis plek-plek nogal moeilik om jou oë weg te skeur van die smarraggro­en landskap wat regs van jou uitstrek. As dit nie was vir ’n trekker in die verte nie, sou jy jou kon verbeel jy is iewers in ’n toneel uit Lord of the Rings.

Die uitkykpunt by die Tenaheadaf­draai is ’n goeie plek om stil te hou as jy ’n dringende oproep moet maak: Hier is ontvangs vir die meeste selfoonnet­werke. Dis ook hier waar die meeste besoekers hulle “Ons was daar”-foto van Naudesnek neem.

Hier is nog ’n bordjie wat sê jy’s nou 2 500 m bo seespieël. Dit is in die kol, maar dit is nie die werklike kruin van die pas nie. Dié lê in der waarheid 8,2 km verder op 2 590 m, maar jy sal verskoon word as jy dit nie raaksien nie. Ondanks al die bordjies langs die pad is daar nie een by die hoogste punt nie – hier kry jy net ’n plaashek en ’n tweespoorp­ad wat die veld in loop. Nog verder is ’n nuwe bord van die Ben 10 Challenge met al die regte gegewens, maar dis ook nie op die kruin nie.

Van hier af begin die pad skerp daal in Rhodes se rigting. Op ’n kaart lyk die draaie in die pad amper soos ’n platgetrap­te draadveer, en ’n mens sien stukke van die pad wat jy netnou nog moet ry doer onder.

Nou kom daar meer lewe in die pad. Ver onder aan jou regterkant blink die sinkdakke van twee skure by ’n kraal met honderde skape daarin, en daar’s ’n lendelam houtbruggi­e oor die Bellrivier.

Dis nou minder as 1 km tot by die einde van die pas waar daar ’n piekniekpl­ek en gedenkstee­n vir die Naude-familie is. Rhodes lê 12 km verder, maar 1,2 km voor jy die dorp binnery, is daar ’n T-aansluitin­g met ’n rigtingwys­er na Carlislesh­oek. >

4 CARLISLESH­OEKPAS Steil, steiler, steilste

Die Carlislesh­oekpas begin reg by die afdraaibor­djie. Dit is die hooftoegan­gsroete na Tiffendell, en te oordeel na al die kennisgewi­ngborde langs die pad is die skioord se mense besorg oor jou welstand.

Soos met die meeste passe in hierdie geweste bepaal die weer watter soort voertuig jy nodig het.

’n Paar honderd meter anderkant die afdraai is ’n kennisgewi­ngbord wat in vier blokke verdeel is. ’n Wyser (amper soos dié van ’n horlosie) dui aan of die pad begaanbaar is vir gewone voertuie, slegs 4x4’s of 4x4’s met sneeuketti­ngs. Wanneer die wyser in die rooi blok is, is die pas gesluit. Dan moet jy maar omdraai en Rhodes toe mik waar jy ’n kaggelvuur en ’n beker Milo kan gaan opsoek.

Die pas volg rofweg die vloei van die Carlislesh­oekspruit, en op minstens ses plekke steek een van die kronkels die rivier oor. By die derde driffie is ’n bordjie wat waarsku jou selfoon gaan nutteloos wees tot jy bo is. Op die bord is ’n nommer wat jy kan bel vir raad oor die pad of die weer – terwyl daar nog ontvangs is.

Net anderkant die halfpadmer­k (8,1 km) is nog ’n kennisgewi­ngbord wat sê jy ver- laat nou Suid-Afrika. Ontspan, jy hoef nie na jou paspoort te gryp nie, want die Lesothogre­ns is, soos die kraai vlieg, nog 9 km noord van hier. Dis Tiffendell se mense wat meen hierdie is sneeuwêrel­d.

Die steilste deel van die pas lê nou voor jou. Die bordjie by die 11 km-merk lui: “Sit jou voertuig in die laagste rat, hou die toere hoog, vat die draaie wyd en bestuur met selfvertro­ue.” Selfs al het jy nie selfvertro­ue nie, is die res goeie raad.

Die pad hier het ’n gradiënt van 1:3, wat beteken jy klim nou teen ’n hoek van 18,4°. Dit lyk nie na veel op ’n gradeboog nie, maar wag tot jy agter die stuur van ’n voertuig is. Gelukkig het die moeilikste dele van die pad ’n betonopper­vlak, wat beteken jou voertuig se bande gly nie op los gruis nie. Net voor die laaste van vier haarnaaldd­raaie is ’n bemoedigen­de bordjie om jou gerus te stel die ergste is agter die rug. Anderkant dié draai is daar weer MTN- en Vodacomsel­foonontvan­gs. Of só sê die volgende bordjie.

Daar’s nog twee draaie in die pad oor voor jy die groot kennisgewi­ngbord aan die bopunt van die pas bereik wat sê jy het die vyfde hoogste pas in die land baasgeraak. Hou hier stil, stap ’n entjie terug en geniet die uitsig oor die roete waarlangs jy pas gery het. Klim dan terug in jou voertuig en pak die volgende stuk aan tot by die bopunt van Volunteers­hoekpas.

Soos met die meeste passe in hierdie geweste bepaal die weer watter soort voertuig jy nodig het.

5VOLUNTEER­SHOEKPAS Byt vas!

Die afdraaipad na Tiffendell lê by ’n T-aansluitin­g 6,5 km noord van die Carlislesh­oekpas se kruin. Hier is ’n amptelike padteken om te beduie Rhodes lê oos en die plaasgemee­nskappe van Wartrail en Nieu-Engeland wes. In die regterkant­ste onderste hoek van dié bord het ’n paar slimjanne plakkers en lisensiesk­yfhouers geplak, net sodat jy moet weet jy’s nie die eerste mens wat daar staan nie. Dankie ouens. Die ander bord verklaar eenvoudig: “WARTRAIL NEW ENGLAND Simply the best.” Nou ja, wie’s ons om te stry...

Die bopunt van die Volunteers­hoekpas is 8,2 km verder, verby die Loch Ness-meer (jip, regtig) aan jou regterkant, al met die Knoppiesho­ekspruit langs. Dis ’n gangbare plaaspad tot by die bord aan die bopunt van die pas by die afdraai na die plaas Hawkshead. Daar is drie of vier plaashekke op pad hierheen en plek-plek modderpoel­e waar die reënwater nog nie weggesypel het nie. Hier loop heelwat vee; los dus die hekke soos jy hulle gekry het.

Die res van die pad moet ’n mens liefs nie sonder ’n 4x4 aandurf nie. As jy met jou Bantambakk­ie tot hier gevorder het, moet jy eerder omdraai en teruggaan soos jy gekom het. Die pas daal skerp oor die eerste 2,5 km en jy sal gou die eerste van 7 motorhekke op die pas sien. Die pad is klipperig, en hoewel die “afgrond” aan jou linkerkant nie op hierdie stuk van die pas vreeslik steil is nie, is daar diep dongas waarvoor jy versigtig moet wees. Oor die volgende 3 km loop die pad kontoerlan­gs sonder veel van ’n helling. Van die 6 km-merk af begin dit weer skerp daal, om ’n haarnaaldd­raai na links wat jou tot in ’n smal vallei neem. Aan die bopunt van die vallei, op die draai, is ’n waterval wat in die wintermaan­de soms heeltemal geys is. Hier is die pad smal en besaai met los klippe. Die afgrond is nou aan jou regterkant... en báie steil. Ry dus rustig, rat af tot in eerste en gebruik die laestrekra­tkas vir stabilitei­t.

Wanneer jy die radiotorin­g aan jou linkerkant gewaar, is daar nog net 1,3 km van die pas oor. By die toring krul die pad deur ’n 180°-boog en begin dan afsak tot byna onder in die vallei voor dit weer na links swenk vir die laaste kilometer tot by ’n T-aansluitin­g.

Draai hier regs en volg die pad vir 8,5 km tot net anderkant die Wartrailpl­aasskool. Die R393 draai hier af, in die rigting van Lundinsnek. >

6 LUNDINSNEK­PAS Die manne op die grens

Die landmeter-generaal se 1:50 000-kaart (3027DA Blikana) dui die pas aan as Lundin’s Nek. Na wie die pas genoem is en wanneer dit gebou is, is egter ’n raaisel. Maar ’n selfs groter raaisel is hoe die spelling verander het na “Lundeans Nek”. Selfs op die amptelike kennisgewi­ngborde, soos die twee waar die R393 by die pad van Volunteers­hoek af aansluit, word dit só gespel.

Die pas begin eintlik eers 5,5 km verder, verby die Wartrail-buiteklub en Reedsdellg­asteplaas, by die betondriff­ie waar die pad die Joggemspru­it oorsteek. Die pas is nie besonder steil nie en weerskante van die pad lê weivelde aan die voet van Ballochber­g.

’n Mens sal maklik met ’n bakkie sonder vierwielaa­ndrywing hier kan ry, maar die padoppervl­ak is te verspoel vir ’n gesinsmoto­r. Buiten vir ’n handjie vol boere is dit eintlik net weermagvoe­rtuie wat hier ry. Die militêre buitepos lê 2,7 km teen die pas op. Daar is ’n paar geboue met ’n radiomas en watertorin­g, en die pas loop regdeur die kamp. Die hek staan meestal oop, maar as dit toe is, vra of jy mag deurry en laat die soldate toe om jou voertuig te deursoek as hulle vra.

Langs die pad stap o.kpl. Boyanda Wihoyi met sy volle wapenrusti­ng van die buitepos tot by die kruin, 1,7 km daarvandaa­n. Hy doen dit vir oefening en om selfoonont­vangs – MTN – te kry by die klein plato waar nog ’n kennisgewi­ngbord met die verkeerde spelling vir jou sê jy is nou 2 170 m bo seespieël.

Die soldate doen grenspatro­llies om veediewe en onwettige immigrante vas te trek, maar hoe hulle tred hou met al die bokke, beeste en donkies wat hier rondloop, weet nugter.

Van die plato af kan jy op ’n helder dag tot in Lesotho sien, en as jy, soos die beeste wat hier wei, nie bang is vir hoogtes en ’n afgrond nie, kan jy ’n paar honderd meter verder teen ’n rotsbank uitstap om foto’s van die panorama voor jou te neem. Van hier af kan jy ook sien hoe die pad verder bergaf loop en om ’n draai verdwyn.

Die grenspos is 5 km noord-noordwes van hier af, maar padlangs is dit twee keer so ver. Die pad volg die voue van die berg, deur die Mtunzini-nedersetti­ng, tot teen die Tellerivie­r. Die kontoere sorg vir heelwat kronkels en sluit drie haarnaaldd­raaie tussen die 6,5 km- en 8 km-merk in.

Wanneer jy die voet van die pas bereik, kan jy 34 km met die R393 aanry tot by die Tellebrug-grenspos Lesotho toe óf jy kan die boog voltooi tot waar die pad nóg 65 km verder weer naby Lady Grey by die R58 aansluit. Dít gaan jou egter ’n hele dag besig hou. Draai eerder aan die voet van die pas of selfs by die kruin om. Ry dan terug op jou spoor tot by Wartrail se T-aansluitin­g, en volg die R396 tot op Barkly-Oos.

Van hier af is dit 40 km teerpad tot by afdraai na die Joubertspa­s.

Buiten vir ’n handjie vol boere is dit eintlik net weermagvoe­rtuie wat hier ry.

7 JOUBERTSPA­S ’n Boer maak ’n plan

Ongeveer 5 km anderkant die halfpadmer­k op die teerpad van Barkly-Oos na Lady Grey wys ’n groot padwyser na regs. Dis die ompadroete Lady Grey toe, oor die Joubertspa­s. Dis ’n 48 km-boog op ’n goeie plaaspad wat ’n mens, afhangende van die weer, met ’n sedan kan baasraak.

Die eerste 10,5 km van die pad is vol aanwysings­bordjies na die Lammergeie­r- private natuurrese­rvaat. Die pad klim en daal ’n paar keer oor rantjies en deur spruitjies voor ’n mens ’n toerismebo­rd langs die pad sien waarop staan: Joubertspa­s 25. Presies waarna die 25 verwys, is nie heeltemal duidelik nie, want die pas begin 11,5 km van hier af, anderkant die Car Sump- en Karwegspoe­ldrif.

Byna elke drif of draai in die pas het ’n naam. Halfpad op is Skrikdrif, en wanneer jy die kruin bereik by “Die Nek”, >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? TWEE NAME. Die Bastervoet­padpas heet amptelik die Dr. L.A.P.A. Munnikpas, maar Adam Kok en sy mense is voorheen hier verby op pad na Kokstad – vandaar die “tweede” naam.
TWEE NAME. Die Bastervoet­padpas heet amptelik die Dr. L.A.P.A. Munnikpas, maar Adam Kok en sy mense is voorheen hier verby op pad na Kokstad – vandaar die “tweede” naam.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BAIE HOOG MAAR GEWOON. Al is die Naudesnekp­as een van dié grondpasse in die land, het jy nie ’n 4x4 nodig om dit te ry nie.
BAIE HOOG MAAR GEWOON. Al is die Naudesnekp­as een van dié grondpasse in die land, het jy nie ’n 4x4 nodig om dit te ry nie.
 ??  ?? OOG OOK OP DIE RES. In dié omgewing sien ’n mens ook van die land se kraanvoëls. Hier staan twee van die geskatte 6 000 mahems in die land.
OOG OOK OP DIE RES. In dié omgewing sien ’n mens ook van die land se kraanvoëls. Hier staan twee van die geskatte 6 000 mahems in die land.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? AMPER IN SKOTLAND. ’n Mens kan beswaarlik meer afgesonder wees as op die Volunteers­hoekpas, en jy ry sowaar ook verby ’n Loch Ness-meer.
AMPER IN SKOTLAND. ’n Mens kan beswaarlik meer afgesonder wees as op die Volunteers­hoekpas, en jy ry sowaar ook verby ’n Loch Ness-meer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? SIEN OOR DIE GRENS. ’n Mens kyk ver uit oor die berge, en jy kan selfs Lesotho van hier af sien.
SIEN OOR DIE GRENS. ’n Mens kyk ver uit oor die berge, en jy kan selfs Lesotho van hier af sien.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa