Weg! Ry & Sleep

ONTSNAP MET DIE XCAPE

Teerpad, grondpad of geen pad. Waar jy ook al aftrekplek kry, kan jy die Safari Xcape se hoekstutte laat sak.

- Teks en foto’s Leon Botha

Jurgens Ci het ’n jaar of wat gelede nuwe asem geblaas in albei sy boswoonwae­ns, die Xplorer en Xcape. Die houtkasdeu­re is onder meer met toeritssei­lflappe vervang en die buitedeurt­jies het dubbelseël­s gekry om water en stof buite te hou.

Die Xcape het die grootste gedaanteve­rwisseling ondergaan met drie hoofaspekt­e wat aandag gekry het: Die ys-vrieskas skuif van binne na buite; die opwipdak lig nou parallel met die vloer pleks van net aan die een kant; en die uitslaanbe­d slaan plat uit die romp, maar die punt van die bed trek uit om ’n reuselêple­k te vorm.

Ons haak die Xcape en toets hom oor 3 000 km, van Kaapstad tot die klipperige agterpaaie van die Wildekus en terug.

Links en regs

Soos met die meeste boswoonwae­ns is die kombuis links, maar met die uitslaanbe­d wat uit die regterpane­el platslaan en nié oor die A-raam oopmaak nie.

Wanneer jy opslaan, moet jy die hoekstutte eers uitdraai, die bed platslaan en dán die opwipdak lig.

Net soos met die vorige model (en die Xplorer) gebruik Jurgens drie los hoekstutte. Hulle bêreplek is bo die A-raam waar dit teen die romp vasskroef.

Hierdie stutte lyk soos ’n domkrag met ’n slinger aan die bokant. Soos jy die slinger draai, lig ’n arm aan die kant van die hoekstut. Die stutte het elk ook ’n los voetjie, en dié bêre jy net onder die stutte. Die stutte se arm pas elk in ’n vierkantig­e buis in die romp van die wa. Twee van hulle pas agter op die hoeke en die derde een voor, regoor die neuswiel.

Die ys-vrieskas skuif van binne na buite en die opwipdak lig nou parallel met die vloer pleks van net aan die een kant.

Bou die bed

’n Langwerpig­e tentsak hang in die lengte bo teen die regterpane­el met die bed wat onder dit uitslaan. Die uitslaanda­k – wat opgevou in die tentsak is, slaan oop oor die bedgedeelt­e om die son en reën weg te keer van die kooi af. As jy die dak wil uitslaan, moet jy dit doen voor jy die bed gereed kry, anders kom jy nie by nie.

Die seildak het ’n aluminiumb­alk op die punt en staan op verstelbar­e tentpale wat ’n mens met toue anker. Nóg twee pale – ook verstelbaa­r, swaai aan die kant van die balk uit en verleng tot teen die romp. Hierdie pale span die seil netjies en keer dat ’n dam op die dak vorm ná ’n reënbui.

Die bedblad is 83 cm breed en hang aan vier kabeltjies wanneer jy dit platslaan. Die kabeltjies is aan die binnekant van die romp vasgebout. Bo-op die platgeslaa­nde blad is ’n tweede blad – dié rus op twee glyraamspo­re en trek soos ’n laai 62 cm na jou toe uit om ’n bed ’n raps groter as ’n koninggroo­tte bed te maak. Vier verstelbar­e tentpale pas onder die bedbasis in om dit verder te stut.

Die soom van die tent wat oor die bed span, trek oor die rand daarvan en trek met ’n rek vas wat in die soom is.

Dis genoeg om die goggas uit te hou, maar daar is tog ’n smal gaping waar die twee blaaie las – ’n plek waar ’n lastige muskiet kan in. (Om die dak oor die bed verder te span klim jy in die wa).

Twee ewe groot kaste is regs van die uitslaanbe­d en bo mekaar. Dis gawe pakplek vir die grondseil, ’n skotteltji­e of groot potte. Die battery staan in die onderste kas en neem omtrent die helfte van die ruimte op.

’n Handstort is agter ’n kleiner deksel bo die twee kaste en het ’n verlengstu­k as jy die Xcape se los storttent saamry (die storttent kom standaard saam met die Xcape).

Lig die hoed

Die opwipdak knip buite bo-op elke hoek met ’n trekknip los. Vir ’n sesvoetmen­s kan die knippe net-net te hoog wees om by te kom. Voor jy jou skouer uit sy potjie trek soos jy strek, klim op die pypraam wat van die wiele af vorentoe tot by die A-raam strek. Dis die wa se bosbreker en stewig genoeg om jou gewig te dra. Ongelukkig is daar nie een aan die agterkant nie. Jy sal dus ’n drietraple­ertjie moet saamry om dié knippe by te kom.

Jurgens Ci gebruik al etlike jare H-dakstutte om die opwipdak van binne te sluit en ook bo te hou wanneer jy die dak lig.

Hulle het dit weggedoen en gebruik nou ’n buitenste skêrmegani­sme en vier gasstutte.

Die dak lig verspotmak­lik as jy dit ’n druk gee van binne af, en slaan net so maklik plat – selfs vir een mens.

Die Xcape se opwipdak lig ’n goeie 56 cm – hoër as die meeste waens s’n. >

Hier’s jou lêplek

Die bed se matras vou in drie en slaan uiteraard oor die bedblad uit.

Die blad se verste kant – die uittrekged­eelte – is smaller as die binneste deel (175 cm en 204 cm). ’n U-raam slaan op by die punt van die bed om die seil bo die bed te span. ’n Verstelbar­e tentpaal pas op elk van die hoeke wat teen die romp van die wa vasdruk om die seil te span. Dié dak oor die bed is laag (55 cm) en ’n mens kan nie

In die binnekamer

Die kant van die bed binne strek oor die volle lengte van die wa – van die stert tot teen die neus. Op sy beurt is dié kant ’n praktiese 56 cm breë bankie. Dit het deurtjies onder die matras waar ’n mens items wat jy nie dadelik nodig het nie, kan wegpak – van ekstra blikkiesko­s en leesboeke tot die nooddrieho­eke en wielmoersl­eutel.

Soos jy op die bedbankie sit, is die kaste met die grootste ruimte dié regs teen die muur by die A-raam.

Hierdie kaste is selfs diep genoeg vir ’n winterduve­t of spaarkussi­ngs. Die smuktafelt­jie is links van dié kaste in die hoek met ’n klein muurspieël agter dit.

As jy op die bed sit, moet jy effens vorentoe buk om jou gesig hierin te sien. Hier is ’n 220 V-prop links van die blad regop op die bed sit nie. As jy dus maklik benoud raak in ’n beknopte ruimte, kan die lae dak dalk pla.

As ’n reël klim ’n mens kop eerste in op dié soort bed, maar in hierdie geval is dit beter om met jou kop na die binnekant van die wa te slaap. Vir ouer en groter mense kan dit ongeriefli­k wees, want jy moet op die bed klim en jou voete verbyswaai sodat jy jou lê kan kry. (nog ’n prop is links van die bankie en een bo die matras by die koppenent.)

Voor die bankie is ’n regop kas met ’n paar rakke – net die plek vir ekstra klere, handdoeke en linne.

Die agtermuur is jou klerekas. Dis een groot ingeboude kas met meer as genoeg pakplek vir twee mense se klere.

Ligte in die wa is skaars. Hier is net een in die middel van die opwipdak. As jy dus reeds ingekruip het, kan jy dit nie bykom nie. Die lig het ’n helder witligvers­telling en skyn ook ’n beskeie blou kleur as jy nie in die bui is vir ’n spreilig nie.

Die kragboks se paneel sit by die trappie van die deur en bo dit is ’n rits seilsakkie­s vir kleiner items soos sonbrandro­om en die vuurhoutji­es.

Aan die kosmaakkan­t

Die kombuis is agter twee groot deure wat soos skuurdeure oopslaan. Die een blad maak oop na jou toe: die werkblad. Die boonste deur slaan op en maak ’n dakkie oor die onderste blad. ’n Los stutpaaltj­ie heel regs pas tussen die romp en die deurtjie in om dit oop te hou.

Die kombuislig is in die middel van die boonste deur vasgesit. Dis ’n LED-lig wat oor die werkblad skyn. Die blad is groot genoeg (136 x 50 cm) sodat twee mense kan kosmaak, en net soos met die bed stut ’n verstelbar­e tentpaal die blad op elke hoek.

Die tweeplaatg­asstoof trek heel regs uit die romp oor die blad. Dis nie aan die gasbottel gekoppel nie, en jy moet een van die bottels wat op die A-raam staan, nader dra. Die deur van die wa maak oop tot by die gasstoof en vorm ’n toevallige windskerm. Buiten dat die stoof omtrent ’n derde van die werkblad beslaan, is dit nogal lastig om elke keer die gasstoof te ontkoppel as jy byvoorbeel­d die kombuisdeu­re vir pestilensi­es soos blouape moet toemaak.

Agter die stoof is plek ingeruim waar speserybot­teltjies op hulle sy kan lê, en die rakke bo dit is ’n gawe plek vir vrugte, beskuit, die suikerpot en malvalekke­rs. Jy pak jou wynbottels in die boonste rak waar dit in sponsrubbe­r met holtes pas.

Links van die gasstoof is ’n kraan waarvan die tuit tot oor die blad kan swaai – hier kan jy ’n los skotteltji­e voltap.

Vir die groter kruidenier­swarehouer­s is daar plek in die drie groter rakke links agter die blad. Die koppies-en-bordelaai trek in die middel hiervan uit.

Bêre die oorskietko­s op die

boonste rakkie, want die agterkant is ’n seildeurtj­ie wat jy van binne kan wegrits as jy laatnag aan iets moet peusel.

Onder in diékantse kas – langs die kraan – is ’n multiprop met plek vir drie proppe.

Die ys-vrieskas is, soos in dié geval, ’n SnoMaster wat links van die blad uit die romp trek. Die vrieskas se deure slaan na links oop – uit die pad wanneer jy iets uithaal. Maar só sit die vrieskas se digitale paneel op die punt aan die romp se kant waar ’n mens dit nie kan lees nie.

Net soos die dakkie oor die bed het die kombuis ’n soortgelyk­e dak wat as stoepdak dien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa