Weg! Ry & Sleep

ROETES WAT ROEP

As jy op soek is na ’n 4x4-roete wat nie net mooi uitsigte het nie, maar ook ’n lekker uitdaging bied, is The Meadows buite Port Elizabeth die plek vir jou.

- Teks en foto’s Evan Naudé

As jy op soek is na ’n 4x4-roete wat nie net mooi uitsigte het nie, maar ook ’n lekker uitdaging bied, is The Meadows buite Port Elizabeth die plek vir jou.

Wanneer ’n mens van 4x4-roetes praat, is daar gewoonlik twee soorte. Die eerste is ’n lekker rustige daguitstap­pie waar jy mooi uitsigte geniet, dalk ’n bietjie wild langs die pad sien en nie rêrig jou bakkie te hard laat werk nie. Die tweede soort is ’n roete waar jy ook die natuurskoo­n geniet, maar terselfder­tyd jou en jou bakkie se vermoëns behoorlik op die proef stel. The Meadows in die Elandsrivi­ervallei val in die tweede kategorie.

The Meadows is al die afgelope 10 jaar ’n gewilde bestemming vir 4x4-saamtrekke en opleidings­kursusse. Met ’n gastehuis en boskamp is dit beslis ’n lekker naweekbest­emming vir die hele gesin, maar as hulle saam met jou die roete wil ry, moet hulle reg wees vir vastrap en styf klou – die roete het ál die bestanddel­e vir ’n adrenalien- cocktail.

Só ry jy

Die roete is ongeveer 15 km lank en in drie lusse opgedeel – met ontsnaproe­tes by elkeen. In droë weer kan jy begin by 1,8 bar op jou bande en in nat weer by 1 bar of selfs laer. Jy spring weg langs die plaashuis en volg bloot die bordjies met rooi pyltjies. By die moeilikste hinderniss­e sal jy ’n groen pyltjie sien wat ’n makliker ompad aandui.

Die eerste groot hindernis is die Drie Susters: drie opdraandes met ’n steil gradiënt van 35 º . As jy al ooit gewonder het of jou bakkie se afdraandeb­eheer ordentlik werk, is hierdie die plek om dit te toets. Maak net seker alles binne-in jou voertuig is vasgemaak of weggepak, anders beland daai koelboks op die agtersitpl­ek nou-nou op die paneelbord. >

Daarna loop die roete bergop met skouspelag­tige uitsigte oor die Elandsrivi­ervallei voor dit weer met ’n boog afdaal tot by die hoofgrondp­ad by die ingang na die plaas. Hier kan jy terugdraai plaas toe as jy genoeg gehad het, anders kruis jy oor vir die tweede en derde lus van die roete.

Die volgende deel van die roete sak onmiddelli­k af tot in die rivierloop en vleg heen en weer oor rivierklip en sand. Vir die res van die roete is hierdie afwisselin­g jou voorland, plus ’n paar lekker steil op- en afdraandes bergop. Tussenin tref jy ook ’n paar smal kronkels tussen woude aan waar jou bakkie waarskynli­k ’n wiel of twee gaan lig. As jy ’n lang voertuig soos ’n dubbelkaju­itbakkie bestuur, gaan jy beslis ’n agterste ewenaarslo­t nodig hê om genoeg vastrapple­k te kry.

Die laaste deel van die roete loop verby die boskamp op die rivieroewe­r voor jy weer by die plaashuis eindig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa