Weg! Ry & Sleep

SOVEEL SAMARITANE OP KAKAMAS!

- DANIE EN SUSAN BORNMAN Heilbron

Ons besluit op ’n Weskustoer saam met ons vriende Ben en Petra van Wyk. Net soos ons, sleep hulle ook ’n Conqueror Commander-boswoonwa.

Die eerste aand oornag ons by Augrabies, en vroegoggen­d mik ons vir Springbok. Ons is skaars ’n paar kilometer aan die gang toe die boute wat die as aan die onderstel vasklamp, afbreek. Daar staan ons, gestrand.

Al die plaaslike verbygange­rs het onvoorwaar­delik hulp aangebied – hulle besorgdhei­d oortref ’n mens se stoutste verwagting­e. Elke liewe man wat met ’n bakkie verby kom, bied hulp aan.

Jaco Crafford, ’n boer wat naby bly, bring sy vurkhyser en help ons om die wa uit die pad kry. Hy gee my selfs ’n geleenthei­d Kakamas toe sodat ek die regte onderdele kan kry om die wa te herstel. Terwyl die manne van Fit It, ’n bandeonder­neming op Kakamas, aan die werk spring met die wa, wys Jaco ons sy boerdery. By sy huis bederf sy vrou, Annelien, ons met druiwe, sultanas, perskes, turksvye, varsgepluk­te vye en perskeblat­jang.

’n Mens kan skaars onthou wie almal hulp aangebied het, maar aan ’n ieder en elk: baie dankie. Selfs Oom Jan (ons kan nou nie sy van onthou nie) wat vir ons kampplek langs die rivier aangebied het – ons sal beslis eendag kom kuier. Ons het soveel nuwe vriende gemaak op Kakamas... en binne drie uur was ons weer op die pad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa