Weg! Ry & Sleep

DIS TYD VIR ’N HUIS-OP-WIELE

- DENÉSE ELOFF-RHEEDER Kempton Park

Ons tyd vir die voltydse kamplewe het aangebreek – tyd om die pad te vat na die bekende en onbekende. ’n Mens is opgewonde, maar jy wonder tog oor so ’n besluit.

Kamp is egter in my en my man, Pieter, se bloed en ons skrik nie vir dít wat op ons wag nie. Die kinders het al opgegee om ons van ons plan te laat afsien, want ons gaan beslis kamp.

Eers wag daar groot uitdagings en beplanning. Ons moet al ons besittings – ook ons huis – verkoop. Ten minste het ons reeds in ’n groot en gerieflike woonwa belê. Ons Sensation-wa het baie pakplek, maar ’n mens moet nietemin mooi kies wat saamgaan. Alles gaan oor gewig.

Dan dink jy aan die reiskoste, veiligheid, versekerin­g én, baie belangrik, ons sleepvoert­uig. Ons Chevrolet Trail- blazer staan reg vir die sleep.

Ons samel maande lank al inligting in oor bekostigba­re kampplekke met afslag vir pensioentr­ekkers. Ons wonder hoe dikwels ons die kinders, en veral die kleinkinde­rs, sal sien. Wat gebeur as ons gesondheid agteruitga­an?

Maar ná al die jare is dit tyd om ’n slag aan onsself te dink. Dis soos ’n eerbetoon aan ons erfenis; om die aarde te waardeer en ’n persoonlik­e verhouding met die natuur aan te knoop. Dis die tyd om alles wat mooi is te beleef, en dit oortref wat ons agterlaat. ’n Mens moet die geleenthei­d aangryp voor die tyd jou inhaal.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa