Weg! Ry & Sleep

JAGUAR BOU NÓG ’N LIGTE WA

-

Jaguar het saam met sy tear

drop- wa nóg ’n ligte woonwa bekend gestel wat jy met ’n gewone ligtevoert­uigrybewys mag sleep: Die Zazu-2, en hy is ook gemik op paartjies.

Dis opvallend dat al hoe meer woonwaverv­aardigers op ligter waens fokus, veral dié met ’n BVM van 750 kg en minder. (Vir enigiets swaarders het jy ’n EB-rybewys nodig.)

Die dubbelbed in die Zazu slaan uit die regterpane­el plat, en soos gewoonlik met dié grootte waens sit die deur ook agter. Die dak lig van die linkerpane­el af, digby die voetenent van die bed, en gee genoeg ruimte waar jy by die deur inklim. In die huidige model is daar drie klerekaste met seildeure by die neus- kant. Dit sal voortaan net twee kaste wees waarvan die ruimte van die linkerkas nou deel van die buitekombu­is word.

Soos gebruiklik is die kombuis links van die wa en trek soos ’n groot laai uit die voorste kas. Hierin is laaie vir die borde en messegoed asook die tweeplaatg­asstoof. Die ys-vrieskas staan op die punt van die glyraam die naaste aan die romp.

Die neuskas is ’n vierkantig­e boks met pakplek vir hout bo-op en genoeg plek binne vir vier ammokiste.

Die Zazu se romp bestaan uit ’n gegalvanis­eerdestaal­raamwerk met aluminiump­laatwerk buite en ’n 25 mmisolasie­laag binne wat met mat uitgevoer is.

Wat is opsioneel? Die ys-vrieskas (tot ’n 85 ℓmodel), batteryher­laaistelse­l met LED-ligte R4 500, 150 W-sonpaneel R3 000, 100 ℓ-vlekvryest­aalwaterte­nk met ’n kraan en pomp R8 500, en inloopremm­e R5 500 (dit stoot die BVM op tot 1 600 kg). Prys R130 000.

Kontak 073 333 5554 jacques@jaguartrai­lers. co.za jaguartrai­lers.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa