Weg! Ry & Sleep

Etosha, Damaraland & Skedelkus

Bring jou voertuig en kom saam met Weg Ry & Sleep- toere en Bhejane 4x4 Adventures op ’n toer na Etosha, Damaraland en die Skedelkus!

-

DAG 1

Ons kom die middag op Swakopmund bymekaar en geniet aandete om die vuur. Jou gids gebruik die geleenthei­d om met jou te gesels oor wat jy die volgende twaalf dae kan verwag.

DAG 2

Ons bring die dag op Swakopmund deur. Hier is ’n verskeiden­heid van aktiwiteit­e soos valskermsp­ring, sandplankr­y, ’n walvis- en dolfynkykb­ootvaart en quadfietsr­y in die woestyn. Jou spanleier sal jou help om reëlings hiervoor te tref, maar dié aktiwiteit­e is op jou eie koste.

DAG 3

Ná ’n stewige ontbyt mik ons vir Brandberg oor die Kaapse pelsrobkol­onie by Robpunt. Ons geniet piekniek langs die pad, en wanneer ons by die Dorob- nasionale parkgebied aanland, het die span reeds die potte op die vuur.

DAG 4

Ná ontbyt vertrek ons op ’n begeleide staptoer in die Brandberg om die bekende “White Lady” en ander rotskuns te sien. Ons hou piekniek langs die pad en keer dan terug kamp toe om die middag om die swembad te ontspan. Laatmiddag ry ons na die voet van ’n koppie waar ons skemerkelk­ies geniet terwyl ons ’n skouspelag­tige sonsonderg­ang in die woestyn gadeslaan.

DAG 5

Ons besoek die Verbrande Berg en die Orrelpype en leer meer oor die welwitschi­as van die woestyn. Twyfelfont­ein, met sy oeroue rotsgravur­es is ons volgende bestemming, gevolg deur die Versteende Woud, ’n plek waar enorme gefossilee­rde boomstompe vir ’n manjifieke toneel sorg.

DAG 6

Ons ontdek die Toro-bewaringsg­ebied, waar ons die loop van die droë Huab- en Uniabrivie­r volg – en hopelik woestynoli­fante en swartrenos­ters sien.

DAG 7

Ons reis wes in die rigting van die kus en bereik die Skedelkus -nasionale park waar ons Torabaai besoek en in die rigting van die Uniab-waterval stap. Ons geniet middagete langs die kus en ry dan terug oos, na Palmwag in Damaraland.

DAG 8

Ons ry oor die Grootbergp­as op pad na Kamanjab en Outjo, waar ons brandstof ingooi. En dan mik ons Etosha toe waar ons laatmiddag op ’n wildrit gaan. Ons bring die res van die aand in die kamp deur en maak ons tuis by die verligte watergat.

DAG 9

Jy kan die oggend óf in die skaduwee by die Ombika-watergat deurbring óf op ’n wildrit deur die Etosha gaan. Vroegmidda­g ontspan ons langs die swembad en later besoek ons die Sprokieswo­ud waar die eienaardig­e Afrika-moringa groei.

DAE 10 EN 11

Dit is die laaste twee dae van ons reis en elkeen kry die geleenthei­d om die grote Etosha op sy eie te gaan verken. Teen dié tyd weet jy al watter deel jou gunsteling is en waar jy die meeste diere gesien het... of waar die leeus behoort te wees.

DAG 12

Ná ’n stewige ontbyt is dit ongelukkig tyd om jou nuwe vriende en reisgenote te groet, want dis tyd om op te pak en die pad huis toe aan te durf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa