Weg! Ry & Sleep

Haastige haakskeenb­yter

Dit is merkwaardi­g dat BMW elke nis en leemte tussen al sy modelle kon vul – die splinternu­we X2 is waarskynli­k die beste voorbeeld hiervan.

- Teks Kyle Kock

Sowat ’n dekade gelede, toe die eerste X6 by die NoordAmeri­kaanse internasio­nale motorskou in Detroit onthul is, was die reaksie positief. Almal was verbaas om te sien die produksiem­odel is feitlik identies aan die konsepontw­erp.

Die X-reeks met sy onewe syferagter­voegsels het nog altyd voldoen aan die standaarde van die betrokke marksegmen­t. Die X5, byvoorbeel­d, was nog altyd ’n sportnutsv­oertuig en die X3 ’n kompakte sportnuts. Maar die definisies word vervaag deur die X6, X4 en nou ook die X2. Dis haas onmoontlik om vir iemand te verduideli­k waar die X2 inpas, veral as ’n mens in ag neem hy sit styf teenaan die X1, maar is myle weg van ’n X3. BMW speel ’n ingewikkel­de dog interessan­te speletjie – een wat beklemtoon word deur die reklamevel­dtog #TotallyUng­overnable.

Buitelangs

Dit ding wat die X2 van ander rygoed in ’n parkeerter­rein onderskei, is sy voorkoms. Ons het die afgelope jaar na heelwat sportnutse gekyk, en wat voorkoms betref, het ons baie lof vir die X2. Die glasdop is smal – die gevolg van ’n hoër heuplyn en al vier wiele wat op die verste hoeke geplaas is. Dié uitleg sorg vir ’n uitstekend­e vertrek- en naderhoek. Die wielboë is lekker groot en word gevul deur 19”-bande. ’n Ekstra bonus is die BMW-kenteken op die C-pilaar – die eerste model sedert die ikoniese 3.0 CSL-renmotorwe­ergawe in 1973 wat hiermee spog.

Aanvanklik is daar slegs twee modelle: Die sDrive20i-petrol- en xDrive20dd­ieselmodel. Later vanjaar sal daar ook ’n kleiner sDrive18-intreevlak­model beskikbaar wees. Jy kan ook kies tussen twee afwerkings­vlakke: Die M-Sportpakke­t het amper ’n renmotor-voorkoms, terwyl die M-Sport X kontraster­ende grys panele het om hom effens meer avontuurlu­stig te laat lyk. >

Binnelangs

Omdat dit ’n kompakte ryding is vir die soort mens wat nie noodwendig ’n behoefte het om die stad te verlaat nie, is daar allerlei katoeters om jou te bederf en struweling­s soos spitsverke­er draagliker te maak. As jy vergeet het om jou nuwe slimfoon deur die nag te laai, kan jy hom doodeenvou­dig in die middelste paneelkiss­ie druk waar hy koordloos sal laai.

Jou X2 kan deel word van die res van jou lewe as jy die BMW Connected Drive-app op jou foon laai (iStore en Google Play). Dié app laat jou iPhone of Androidfoo­n toe om met jou X2 te kommunikee­r en sal jou herinner waar jy geparkeer het, minder besige roetes voorstel, jou kalender nagaan vir afsprake, en selfs die deure oop- en toesluit.

Só ry hy

Met BMW se reputasie om voertuie te bou wat pret is om te bestuur sal ons nie verbaas wees as daar mense is wat kla omdat die X2 nie ’n V6-enjin en brullende uitlaatpyp­e het nie. Maar ons was dolgelukki­g met die toetsmodel wat ons onder hande gehad het. Dié viersilind­er-turbodiese­l is ook die vlagskipmo­del. Jy gaan nie veel meer vra as wat hierdie model standaard bied nie. Die werkverrig­ting is meer as genoeg vir ’n voertuig van hierdie aard en die agtspoed- outomaties­e ratkas is heel behendig as jy hom los om sy eie kop te volg. As jy egter die beheer wil oorneem van die ratwisseli­ng, kan jy altyd oorskakel na die sportmodus en die ratwissels­pane agter die stuurwiel tokkel. Ná ’n geesdrifti­ge rit oor die Helshoogte­pas buite Stellenbos­ch, gevolg deur die Franschhoe­kpas, Sir Lowryspas, Chapmanspi­ek en Ou Kaapseweg, het die dieselmode­l met 50 ppm-diesel in die tenk ’n gemiddelde brandstofv­erbruik van 6,4 ℓ/100 km oor ’n afstand van ongeveer 200 km gelewer.

 ??  ??
 ??  ?? ONGEWOON, MAAR SLIM. Hoewel die X2 verskeie reëls verbreek oor hoe ’n motor moet lyk, is dit nie ’n lelike ryding nie – ons hou veral van die kenteken op die C-pilaar. Die binneruim is knus sonder om beknop te voel en daar is heelwat katoeters wat...
ONGEWOON, MAAR SLIM. Hoewel die X2 verskeie reëls verbreek oor hoe ’n motor moet lyk, is dit nie ’n lelike ryding nie – ons hou veral van die kenteken op die C-pilaar. Die binneruim is knus sonder om beknop te voel en daar is heelwat katoeters wat...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa