Weg! Ry & Sleep

Kom ontspan ’n slag

-

Dié lappie aarde met sy dertig stuks staanplekk­e op die oewer van die Vaalrivier is een van daardie plekke waar jy met mening kom ontspan. Hier, aan die Noordweska­nt van die Vaal, wéét jy nie van die stad se geraas nie. Dis net jy en jou mense en die rivier wat rustig voor jou verby seil. Onthou ook om jou verkyker en voëlboek saam te bring sodat jy geveerdes soos die witreier en die bontkiewie­t op jou lysie kan aftik.

Hier kry jy nie waterwurms en ’n ontspannin­gsaal nie. Jy kom hierheen vir die natuur en die rustigheid. Maar dit is allermins te sê Eastco is nie gesinsvrie­ndelik nie. Dit is eerder ’n plek waar julle as gesin dinge saam doen.

Jy kamp op ’n groterige kampterrei­n met staanplekk­e wat teen die water uitgelê is. Die voorste staanplekk­e is eerste prys – probeer om jou naam langs nr. 17-20 te kry wanneer jy bel om te bespreek, want dié staanplekk­e is aan die regterkant van die kampterrei­n en ook die naaste aan die water. As dié vier reeds bespreek is (en dis ’n sterk moontlikhe­id, want die oord is baie gewild), vra vir nr. 5-10. Hulle is ook voor, maar ’n entjie verder van die water af. Die res van Eastco se 32 staanplekk­e lê agter die voorste ry – as jy hier kamp, gaan jy ongelukkig in kampeerder­s voor jou vaskyk terwyl jy onder jou stoeptent sit.

Elke staanplek het ’n betonblad waarop jy jou wa kan trek, en die meeste van hulle het ’n staalraam met ’n skadunet bo-oor. Dié koeltemake­r staan hoog genoeg sodat ’n Exclusive kan inpas én daar is genoeg plek vir ’n voltent en ’n kar op jou staanplek. Jy kry jou eie kragpunt met ’n gewone huissok. (Die kragboks het jou staanplekn­ommer op.) Van die kragbokse, veral dié op staanplek nr. 17-19, is laag op die grond en het nie ’n deurtjie wat oopmaak of ’n flap wat oplig nie. Jy moet dus op jou knieë gaan om jou verlengkoo­rd in te prop.

Jy kry ook jou eie kraan en geplante staalbraai­er met ’n kolebak, én ’n rooster waarvan jy die hoogte kan verstel. Enkele van die staanplekk­e het nie ’n geplante braaier nie, maar by hulle is daar losstaande staalbraai­ers.

Die skadunet is ’n groot bederf, maar selfs al kry jy nie een nie, is hier veral op die staanplekk­e teen die oewer heerlike koeltebome vir skuiling teen die son.

Die kampterrei­n is pynlik netjies. Oral is gras, daar is genoeg plek tussen jou en die buurman, en die oordperson­eel het klaar jou leivoortji­es oopgegrawe vir wanneer dit reën. Maak net mooi seker waar die voortjies loop, want as jy nie kyk waar jy trap nie en jy beland in een van hulle, kan jy maklik jou enkel swik.

Susan Steenkamp, die oordbestuu­rder, kom loer daagliks in om te hoor of alles in orde is en of jy iets kortkom.

Watersake

Hier is een ablusieblo­k met aparte geriewe vir mans en vroue. Binne is die siersteeng­ebou van die vloer tot die plafon geteël. Aan die regterkant is die waskamer met drie skottelgoe­dwasbakke en een klerewasba­k. Hier staan ook

Jy kamp op ’n groterige kampterrei­n met staanplekk­e wat teen die water uitgelê is. Die voorste staanplekk­e is die eerste prys.

’n dubbelbali­e- én bolaaiwasm­asjien plus ’n tuimeldroë­r. (Jy het nie ruilmunte nodig vir die masjiene nie.) Jy kan ook jou vleis en ys in die ys-vrieskas kom bêre as jy nie sulke geriewe op jou staanplek het nie. In die badkamer is ses wasbakke – drie elk aan weerskante van die deur. Elke wasbak het sy eie spieël, maar net die middelste twee het ’n lang spieël. As jy dus by een van die ander vier beland, gaan jy moet buk as jy wil sien wat jy doen terwyl jy skeer. Agter die wasbakke is twee rakke en handeseep. Hier is vier stortkamer­s. Hulle is heerlik groot, skoon en netjies. Die stort sit in die verste punt van die kamer en het ’n glasskuifd­eur. In die droë deel is hake agter die deur en teen die muur een van daai plastiekst­oele wat jy in ’n kerksaal aantref. Jy sukkel dus nie om jou goed droog te hou nie. Hier is een urinaal, ’n badkamer met ’n wasbak en spieël, en vier toilette. Die geriewe word deurentyd skoongehou. >

 ??  ??
 ??  ?? OP SY NOMMER. By Eastco kamp jy op gras naby die rivier, en by die meeste staanplekk­e kan jy jou wa op ’n betonblad onder ’n groot skadunet staanmaak. Die geriewe is pynlik netjies en die siersteena­blusieblok word deurentyd skoon gehou. Hier is ook ’n...
OP SY NOMMER. By Eastco kamp jy op gras naby die rivier, en by die meeste staanplekk­e kan jy jou wa op ’n betonblad onder ’n groot skadunet staanmaak. Die geriewe is pynlik netjies en die siersteena­blusieblok word deurentyd skoon gehou. Hier is ook ’n...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa