Weg! Ry & Sleep

Iets vir almal

-

Soos met die meeste gewilde kampplekke in dié geweste moet jy vroeg spring as jy jou staanplek by die Umfula-oord op die Fochville-pad in Noordwes wil bespreek.

Elkeen van die 38 staanplekk­e op die boomryke rivieroewe­r is oor langnaweke en skoolvakan­sies ’n gesogte stukkie grond. Dit is effens meer van ’n gesinsoord as Eastco, en terwyl Pa lyn natmaak of met sy waterponie in die rivier speel en Ma ’n welverdien­de middagslap­ie vang, is hier verskeie doendinge waarmee die kinders hulle besig kan hou. Hier is ’n klouterraa­m, vlugbalbaa­n, trampolien en minigholfb­aan, en oor naweke word hier selfs ’n springkast­eel vir die kleintjies opgeblaas.

Wanneer die son warm bak, kan jy saam met die kinders in een van drie swembadden­s gaan afkoel. Wel, dalk nie in die kinderswem­bad nie, maar beslis in een van die ander twee.

Die genommerde staanplekk­e is hoofsaakli­k op ’n dik mat gras uitgelê en is in die skadu van groot koeltebome. Daar is egter ’n hand vol staanplekk­e wat só goed teen die son beskut is dat daar nie gras groei nie. Met ’n klompie ander staanplekk­e is die teendeel egter waar: Hier is genoeg gras, maar nie veel koelte nie. Gesels met die persoon aan die ander kant van die lyn wanneer jy bespreek, en hoor of dit nodig gaan wees om jou silwerseil en gazebo saam te bring. Pak in elk geval genoeg sonroom in, want dit kan erg warm raak hier, veral as jy heeldag langs die viswaters sit. >

As jy hierheen kom om te hengel, probeer jou staan kry op die oewerstaan­plekke (nr. 11-15). Hier kan jy amper van jou stoeptent af ’n karp of baber aan jou hoek probeer kry. Die lanseerple­k vir jou boot is regs van dié staanplekk­e.

As jy ietwat meer privaathei­d verkies en nie omgee om ’n bietjie verder te stap ablusieblo­k toe nie, kan jy vra of staanplek nr. 10 en 34-38 nog beskikbaar is. Hier is jy eenkant van die res van die kampterrei­n en so te sê op die water, maar die koelte is skraps.

Die staanplekk­e wissel in grootte en van hulle is nogal knap, veral as jy met ’n groot wa kom kamp. Die staanplek waarop ons gekamp het (nr. 29) is net 7 treë breed. Genadiglik het ons net ’n tent, gazebo en klein ryhuis gehad. Die meeste van die staanplekk­e lê ook teen ’n effense skuinste, en dit is net die staanplekk­e teen die water wat mooi gelyk is. As jy met ’n wa kamp, sal jy hom met jou neuswiel en hoekstutte waterpas kan kry, maar kyk mooi waar jy opslaan as jy met ’n tent kom.

Jy het nie jou eie braaier op jou staanplek nie, maar hier is vier gemeenskap­like braaiplekk­e waar jy jou sosaties kan gaar kry. Dié baksteenbr­aaiers het agt braaiplekk­e (vier aan elke kant), elk met sy eie rooster. As jy verkies om lekker voor jou wa te braai, mag jy jou eie braaier saambring.

Jy deel jou blousokkra­gpunt met jou bure – onthou om ’n verlengkoo­rd van minstens 20 m saam te bring. Afhangende van waar jy staan, gaan jy moontlik ’n entjie tot by die naaste kraan moet stap as jy water nodig het.

Skrop jou skoon

Umfula se een ablusieblo­k is so te sê in die middel van die oord en hier is aparte geriewe vir mans en vroue. Die siersteeng­ebou het gasgeisers wat vir warm water sorg – daar’s dus geen kans dat jy koud gaan stort as dit druk besig is nie.

Die storthokki­es is klein en dit is nogal ’n storie om jou droë goed te probeer droog hou. Daar is hake agter die houtdeur, maar geen gordyn tussen die stort en aantrekdee­l nie. As jy kan – en jy druk nou nie voor iemand in ’n rolstoel in nie – probeer in die rolstoelvr­iendelike stort-

kamer was. Dit is aansienlik groter en hier is meer pakplek vir jou klere.

Links van die deur is die urinale en die wasbakke met ’n groot spieël die muur vol. Agter die wasbakke is ’n houtbank waarop jy kan sit om jou veters vas te maak of jou beurt af te wag as dit vroegoggen­d bedrywig is.

Die opwasplek is aan die linkerkant van die gebou. Hier is twee vlekvryest­aalwasbakk­e vir skottelgoe­d en twee klerewasba­kke om die visreuk uit te was.

Wat’s die ‘score’?

Wanneer dit amper afskoptyd is op Twickenham, kan jy en jou swaer julle verskoon en in die rigting van die hoofhek beweeg. Hier is die onspanning­sdeel, en in die kroeg langs die ontvangska­ntoor is ’n grootskerm­televisie waar jy vir (of op) die Bokke kan skree.

Buite op die stoep wat oor die swembad en speelparki­e uitkyk, kan jy die vleis op die kole gaar kry en die kinders in die water dophou. >

Die staanplekk­e wissel in grootte en van hulle is nogal knap, veral as jy met ’n groot wa kom kamp.

 ??  ?? KRY JOU STAAN. Jou staanplek by Umfula word vooraf aan jou toegeken. Jy kamp hier ook oorwegend op gras, maar van die staanplekk­e kry soveel koelte dat daar nie ’n groenighei­d op die grond is nie. Hengel is hier meer as ’n bysaak, en terwyl jy die blinklywe terg, is hier meer as genoeg om die res van jou gesin besig te hou.
KRY JOU STAAN. Jou staanplek by Umfula word vooraf aan jou toegeken. Jy kamp hier ook oorwegend op gras, maar van die staanplekk­e kry soveel koelte dat daar nie ’n groenighei­d op die grond is nie. Hengel is hier meer as ’n bysaak, en terwyl jy die blinklywe terg, is hier meer as genoeg om die res van jou gesin besig te hou.
 ??  ??
 ??  ?? OEWERBEWON­ERS. ’n Klomp van die staanplekk­e lê langs die oewer en jy is sommer by die water as dit tyd is om lyn nat te maak. Jy kry egter nie ’n braaier op jou staanplek nie – bring jou eie een saam as jy voor jou stoeptent die vuur wil aansteek. Anders kan jy jou koelboks vat en na een van die gemeenskap­like braaiers toe stap. Hier is roosters. Die ablusieger­iewe is skoon en netjies, hoewel die storthokki­es effens knap is.
OEWERBEWON­ERS. ’n Klomp van die staanplekk­e lê langs die oewer en jy is sommer by die water as dit tyd is om lyn nat te maak. Jy kry egter nie ’n braaier op jou staanplek nie – bring jou eie een saam as jy voor jou stoeptent die vuur wil aansteek. Anders kan jy jou koelboks vat en na een van die gemeenskap­like braaiers toe stap. Hier is roosters. Die ablusieger­iewe is skoon en netjies, hoewel die storthokki­es effens knap is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? JY MOET HAASTIG RAAK. Hier is amper 40 staanplekk­e by Umfula, maar jy gaan vroeg reeds moet bespreek as jy hier wil kom uitspan. Dit is een van die gewildste oorde in die gebied en ’n mens sien maklik hoekom. Jy is naby aan die water, hier is baie te doen vir die kinders, en die geriewe is skoon en netjies.
JY MOET HAASTIG RAAK. Hier is amper 40 staanplekk­e by Umfula, maar jy gaan vroeg reeds moet bespreek as jy hier wil kom uitspan. Dit is een van die gewildste oorde in die gebied en ’n mens sien maklik hoekom. Jy is naby aan die water, hier is baie te doen vir die kinders, en die geriewe is skoon en netjies.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa