Weg! Ry & Sleep

Wat jy moet weet

-

4x4 / Laestrek / Ewenaarslo­t? Jy gaan die hele spul nodig hê. Dis ook ’n goeie plan om jou treeplanke af te haal om skade te verhoed. Maksimum getal voertuie ’n Maksimum van 15 voertuie in ’n groep. Kry ek ’n kaart? Nee, maar die roete is baie duidelik gemerk. Sal my voertuig krap? Dis ’n moontlikhe­id, maar as jy netjies ry, kan jy dit vermy. Moet ek ’n kompressor saamneem? Daar is een op die plaas, maar dit is beter om jou eie een te bring indien die eienaar nie tuis is wanneer jy klaar gery het nie.

Kan ons langs die pad braai? Nie op die roete nie, maar daar is ’n braaiplek by die begin/eindpunt. Jy kan ook met die gids reël om in die kampeerple­k langs die rivier te braai. Kan ek halfpad omdraai? Ja. Is daar selfoonsei­n? Die grootste deel van die roete het sein.

RONDOM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan? Regdeur die jaar. Ná die somerreën is die roete egter nat en ’n taaier uitdaging. Kan ek my gesin saamneem? Ja, hier is ’n klimraam vir die kinders, braaiplekk­e en ’n kroeg.

Net vir die dag of die naweek? As jy in die omgewing van Patensie of Uitenhage woon, kan jy vir die dag deurkom, anders is ’n naweek beter. Die roete sal jou 3-4 uur besig hou. Is daar ablusieger­iewe? Net aan die begin van die roete. Aanwysings The Meadows is op die Elandsrivi­erpad, sowat 60 km van Patensie en 50 km van Uitenhage af. GPS S33.708269 E25.084274 Prys R200 per voertuig. Kontak 082 458 9699 (Donovan Whitehead) of 082 458 9580 (Sunelle Whitehead)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa