Weg! Ry & Sleep

Dis eersteklas by Tweede Tol

Elke keer wanneer hy as kind verby Tweede Tol gery het op pad na ’n ander kampplek, het Evan Lodewyks van Southfield hom voorgeneem om eendag hier te kom kamp.

-

Toe ek ’n tiener was, het ons gereeld met die Bainskloof­pas verby Tweede Tol in die Limietberg-natuurrese­rvaat gery. Maar onder die vorige bedeling is ons nie toegelaat om daar kamp nie. Ek het egter geweet ek sal wel eendag hier kom uitspan. Ek en my vrou, Joan, het onlangs al ons kamptoerus­ting in my Nissan NP200 gepak en saam met familie (my suster Amberine Layman en haar dogter Maxine Smith) en vriende (Eugene en Audrey Dryding, en Leon en Charlene Manuel) op ’n private staanplek uitgespan.

Beskryf Tweede Tol.

Dit is pragtig. Die natuurskoo­n, bome, rivier en ooraanbod van ongeloofli­ke rotspoele is my idee van hemel op aarde.

Hoe lyk die staanplekk­e?

Hier is nie elektrisit­eit nie, en dit is ’n goeie ding. Die meeste van die staanplekk­e het koelte, maar gras is skaars. ’n Mens moet ook mooi kyk waar jy jou tent opslaan, want hier is heelwat boomwortel­s, en van die staanplekk­e is nogal skuins. Die private staanplekk­e is omhein en elkeen het sy eie ablusieger­iewe en kombuis. Hier is ook ’n tafel met bankies by elkeen.

Hoe lyk die ablusieger­iewe?

Dit is basies, maar netjies. Niks deftigs nie, maar dit word daagliks skoongemaa­k. Die ligte in die ablusieger­iewe word elke aand om 10 nm. afgeskakel.

Watter aktiwiteit­e is hier om ’n mens besig te hou?

Hier is ’n speelparki­e vir die kinders. Maar behalwe dit kan jy ook gaan stap of swem en ontspan by die rotspoele.

Het jy enige spesiale voorbereid­ings getref vir julle besoek?

Omdat die staanplekk­e nie krag het nie, het ek my gassilinde­rs gepak vir kosmaak, my LED-lampe se batterye gelaai, en seker gemaak ek het genoeg ys en hout. Ek wou nie die kampterrei­n verlaat terwyl ons hier kamp nie. Die naaste winkel is op Wellington, 12 km weg, en ons het met dit in gedagte gepak. Hulle verkoop wel hout by die hek.

Wat kos dit om hier te kamp?

Buite seisoen kos die private staanplekk­e R500 p.n. vir 6 mense, en dan betaal jy ook ’n bewaringst­arief van R40 p.p.p.d. Die gewone staanplekk­e kos R160 p.n. vir 2 mense.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa