Weg! Ry & Sleep

HOU DIE LADING REG

Hoe om na jou ekstra battery te kyk

-

Met die Paasvakans­ie agter die rug is die kans goed dat jou ekstra battery ’n bietjie instandhou­dingswerk nodig het. Jou battery doen dalk permanente skade op terwyl jy hier lees! Maar moenie bekommerd wees nie – daar’s nog tyd om jou battery te red en sy lewe te verleng. Dís wat jy moet doen...

Daar’s baie wat ’n mens kan sê oor batterylew­e en hoe dit verband hou met herlaaitem­po’s. Ter wille van eenvoud: ’n Battery wat erg ontlaai is, moet genoeg tyd gegun word om te herstel.

Daar’s ’n algemene wanopvatti­ng dat ’n battery vinnig en in ’n kort tydjie herlaai kan word. Vir die meeste batterye is dit gewoon nie waar nie.

Ongelukkig dra baie min batteryver­vaardigers en onderdelew­inkels hierdie boodskap oor, en oorlandrei­sigers moet dan vir die gelag betaal. Hierdie grafiek wys hoeveel bruikbare energie uit ’n 105 Ah-diepsiklus­battery getrek kan word. Die uitgeligte deel wys die veilige bedryfsone en is gelyk aan ’n 70%-ontlaaidie­pte.

In eenvoudige taal beteken dit jy kry nie 105 Ah uit ’n 105 Ah-battery nie!

In die algemeen kan jy tussen 70 Ah en 75 Ah bruikbare energie uit die bogenoemde battery kry voor dit die fase van diep ontlading binne- gaan – waar batteryska­de bespoedig en die lewe van die battery verkort word.

Wat is dus die punt? Om ’n battery in ’n ontlaaide toestand te los versnel agteruitga­ng en veroorsaak permanente skade.

Dit maak nie saak of jy ’n solenoïeds­telsel (sien die geel streep), of ’n 20 A-GS-totGS-stelsel (sien die rooi streep) geïnstalle­er het nie, dit kos steeds meer as vier uur se rytyd om ’n 105 Ah-diepsiklus­battery volledig te herlaai. Die grafiek wys die herlaaitem­po’s van ’n solenoïeds­telsel en ’n GS-tot-GS-laaier, waar die alternator 13,9 V lewer.

EN NOU?

Daar is soveel veranderli­kes wanneer dit by ’n dubbelbatt­erystelsel kom, maar in die algemeen is die volgende waar: Die meeste dubbelbatt­erygebruik­ers is nie bewus daarvan dat hulle ekstra battery deels ontlaai is nie, en daarom word die werkverrig­ting en lewensduur van die battery benadeel. Dit lei tot gereelde batteryver­vanging – of die onvermoë om ’n kampyskas deur die nag van krag te voorsien.

Die eenvoudige oplossing hiervoor is natuurlik om meer te ry, maar vir die meeste vakansiega­ngers is dit net nie prakties om vier tot agt uur te ry om ’n battery te herlaai nie. Daar is natuurlik ook ’n goeie kans dat jou ekstra battery nie heeltemal sal herlaai nie, veral as hy die vorige nag diep ontlaai is.

Dis ’n eksponensi­ële probleem: Elke dag wat die battery nie heeltemal herlaai word nie, is daar ’n groter risiko dat dit ’n diepontlaa­ide stelsel gaan word – wat moeilik is om te herstel.

Gelukkig is die oplossing eenvoudig: As jy ’n ekstra battery het, het jy ’n 220 V-instandhou­dingslaaie­r nodig om die volle kapasiteit te herstel en seker te maak die battery bly gesond – reg vir jou volgende avontuur. National Luna se nuwe Intelligen­t

Maintenanc­e Charger sorg dat jou battery kry wat hy nodig het in terme van tyd en energie om heeltemal herlaai te word.

National Luna se laboratori­um het jare se ervaring van batteryher­lading en -instandhou­ding en het ’n reeks toetse op byna elke batterylaa­ier op die mark gedoen. Die resultate het gelei tot die bekendstel­ling van ’n bekostigba­re batterylaa­ier wat doen presies wat ’n battery nodig het.

Die agtstap-herlaaipro­gram sluit ’n diagnose in van die battery se gesondheid, gevolg deur ’n outomaties­e reeks herlaaitem­po’s om die batterylew­e te herstel en verbeter. Die beste van alles is dat die laaier selfregule­rend is en dus vir ’n onbepaalde tydperk aan jou battery gekoppel kan word sonder dat daar ’n risiko is dat die battery beskadig of “oorlaai” sal word.

Die Intelligen­t Maintenanc­e Charger is geskik vir natsel-, AGM-, GEL- en kalsiumbat­terye van 1,2 Ah tot meer as 120 Ah. Die verminderd­e kragmodus is geskik vir kleiner batterye wat in motorfiets­e of waterponie­s gebruik word, terwyl die “boost”-modus nuttig is vir periodiese instandhou­ding van kalsiumbat­terye of batterye wat erger ontlaai is en tekens van verminderd­e kapasiteit wys.

Die National Luna-laaier het ook twee kabelopsie­s sodat jy kan kies hoe om die eenheid aan jou battery te koppel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa