Weg! Ry & Sleep

HOOGLIGDOM­KRAG

-

Die oorspronkl­ike Automatic Combinatio­n Tool is in 1905 al gepatentee­r. Hy is aanvanklik die Handyman gedoop, maar het later die “Hi-Lift jack” geword.

’n Hoogligdom­krag is ’n onontbeerl­ike stukkie toerusting vir geesdrifti­ge 4x4-entoesiast­e, maar soos enige gereedskap­stuk kan dit ook ’n lewensgeva­arlike ding wees. Hy’s inherent onstabiel, en as jou voertuig hoog bo die grond hang en iemand stamp daaraan, gaan die domkrag omval, en die kar dan bo-op jou. Wees dus uiters versigtig, ook wanneer jy hom laat sak. As jou hand van die hefboom afgly, of die hefboom in ’n horisontal­e posisie is wanneer jy na die afwaartse rat oorskakel, gaan daai hefboom skielik boontoe skiet en jou tande uitslaan. En die ergste is dat dit nie hier stop nie, want die hefboom gaan nog ’n hele paar keer op en af wip sodat hy jou verder kan pakgee. Moenie lag nie: Heelwat mense se arms en bene is al só gebreek, én mense is al dood.

Ons weet dit lyk bakgat as jou hoogligdom­krag op jou trokkie se dakrak of buffer vasgemaak is, maar die ratmeganis­me raak vuil en dit vergroot die kans dat hy nie behoorlik gaan werk nie. Bout hom eerder iewers binne jou ryding vas. As jy hom op die dakrak móét vasmaak, gebruik boute en moere en nie trekstropp­e nie. As jy in ’n motorongel­uk betrokke is, gaan daai swaar hoogligdom­krag losbreek en soos ’n missiel in die kar voor jou vasvlieg.

Maar dis genoeg bangmaakst­ories: ’n Hoogligdom­krag is ongeloofli­k veelsydig. Jy kan hom gebruik as ’n wenas, jy kan metaal buig, bande van wielvellin­gs afhaal én hom as ’n sandanker inspan. Die opsies is legio. Jy gaan uit byna enige tameletjie kom as jy ’n hooglig- én skêrdomkra­g saamry. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa