Weg! Ry & Sleep

ONTHOU, VÓÓR JY LIG

-

Maak seker jou domkrag pas onder die as wanneer die band pap is. Maak ook seker hy kan die as hoog genoeg lig om ’n opgepompte noodwiel op die naaf te kry.

Trek áltyd die handrem op en sit die kar in rat voor jy begin werk. Sit ook sommer ’n klip voor elkeen van die drie wiele wat op die grond bly, net om doodseker te maak jou voertuig rol nie van die domkrag af nie.

As jy ’n hoogligdom­krag gebruik om ’n wiel te ruil (eintlik moet jy nie), moet jy die voertuig ophys, ’n driepootst­aander onder die as indruk en die hooglig laat sak totdat jou voertuig op die staander rus. Ruil die wiel om voordat jy jou voertuig een laaste keer ophys, die staander verwyder en die voertuig tot op sy wiele laat sak. Moet nooit jou voertuig aan ’n hoogligdom­krag laat hang terwyl jy met ’n wiel worstel nie.

Jy gaan die domkrag wat saam met jou voertuig verkoop word, waarskynli­k moet vervang. Voertuigve­rvaardiger­s bestee die absolute minimum aan dié soort toerusting, en hoewel die oorspronkl­ike domkrag destyds goed genoeg was om jou nuwe voertuig te lig, het jou veranderin­gs aan die voertuig – die bandgroott­e, skokbreker­s en kronkelver­e – daartoe gelei dat daai domkrag nie meer eintlik die mas gaan opkom nie.

Suid-Afrikaners is ook geneig om hulle rygoed swaar te laai, en ’n intreevlak­domkrag gaan dalk breek as jy ’n Land Rover vol kampgoed en proviand daarmee probeer oplig.

Onthou om die noodwiel plat onder jou ryding in te skuif terwyl jy die domkrag gebruik en die beskadigde wiel verwyder. Plaas dan die beskadigde wiel onder die voertuig wanneer jy die noodwiel vasdraai en jou voertuig laat sak. Indien jou ryding van die domkrag afval, lê hy darem op ’n wiel en nie plat op sy pens nie.

 ??  ?? SÓ MAAK MENS. As ’n ewenaar op ’n rots vashaak, kom ’n hooglig handig te pas. Verkoopsma­nne moes destyds aan klante demonstree­r hoe dit werk.
SÓ MAAK MENS. As ’n ewenaar op ’n rots vashaak, kom ’n hooglig handig te pas. Verkoopsma­nne moes destyds aan klante demonstree­r hoe dit werk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa