Weg! Ry & Sleep

Lank lewe die Landie!

-

2009 LAND ROVER DEFENDER 2.4 PUMA 110 SC HC Hy is nie stofdig, waterdig óf haastig op die snelweg nie. Maar wanneer

Louis Botha van Johannesbu­rg met sy Land Rover Defender en Jurgens Xcape van die teerpad afdraai, is sake presies soos hy daarvan hou. Die Landie het 89 000 km op die klok gehad toe ek hom in 2013 tweedehand­s gekoop het. Hy was nietemin in ’n uitstekend­e toestand. Die HC in die naam verwys na die “high capacity” van die laairuim ( load bin). Hy is effens breër as die gewone Defender, en daardie ekstra ruimte is beslis welkom wanneer ’n mens jou kampgoed begin laai.

Ek sleep ons 2014 Jurgens Xcape met ’n Trapezium-stabilisee­rder. Dit is meer ’n geval van die mag van die gewoonte, maar dit gee my tog daardie ekstra bietjie gemoedsrus wanneer ek sleep. Ek sleep gewoonlik teen 100 km/h en kry dan gemiddeld 11,7 ℓ/100 km by die vulstasie. Sonder die wa sak die verbruik tot 9 ℓ/100 km. Ek sleep ook met ’n 2006 Jeep Wrangler

Sahara 4.0, maar daar is ’n aansienlik­e verskil in die brandstofv­erbruik, en met die Jeep moet ek boonop pakplek inboet. Wat wel in die Wrangler se guns tel, is die feit dat hy ’n baie gemakliker rit het as die Land Rover, veral as ons oor lang afstande sleep. Albei karre is meer as opgewasse vir veldry, maar dit is veral lekker dat hulle die wa kan sleep waar ons wil.

Ek verkies dit om te kamp waar daar meer diere as mense is, en geniet plekke soos Thaba Monate en Shingwedzi in die Kruger en die ATKV-oorde EilandSpa en Natalia.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa