Weg! Ry & Sleep

Misgesig

-

Of hy nou by die huis is, of met vakansie teen die Choberivie­r in Botswana, Roy Moore van Grabouw maak altyd seker hy is voor die hoenders uit die vere. “Ons het by die Thebe-rivierlodg­e in Kasane tuisgegaan, en hierdie foto het ek vroegoggen­d geneem terwyl die mis nog oor die Chobe hang. Die waters lyk soos een groot stoombad, en al lyk die natuur en omgewing stil, hoor ’n mens die seekoeie in die verte. Die donker water en die mis gee my siel stilte en kalmte; dit maak my tevrede en gee my ook ’n dankbaarhe­id in my binneste.” ’n Mens kan die foto nie beter beskryf as Roy self nie. Jy ervaar alles net so – jy kan selfs as ’t ware daai seekoeie hoor.

In die ouer dae, die dae van film, was dié soort foto nie sommer moontlik nie, veral vir amateurs. Jy sou nie spesiaal ’n 1 000 ISO-filmrollet­jie saam met jou dra om so ’n foto te neem nie. Hoe hoër die ISO, hoe meer ligsensiti­ef is dit; jy kan dus foto’s in swakker lig neem.

Sedert die digitale tegnologie fotografie oorgeneem het, was die ISO vir fotograwe een van die grootste spronge vorentoe. ’n Foto met ’n 1 000 ISO-film wys heelwat grein (die fyn spikkels op die foto), terwyl dit met die digitale era vir dié soort lesing bykans heeltemal verdwyn.

Vandag se selfoonkam­eras is wat flou lig betref, uitstekend en gee ’n mens die kans om bykans alles af te neem wat jy kan sien.

Kyk ’n mens na die foto se komposisie, kan dit skaars beter, want al die elemente balanseer netjies. Maar skaal help wanneer ’n mens iets groots (soos die boot op die water) afneem. Was dit nie vir die stoele nie, sou ’n mens nooit die grootte van die boot kon skat nie. Die figuur van ’n mens is een van die beste oplossings hiervoor, maar as Roy nog vir iemand moes wag, was die stilte versteur en die mis daarmee heen.

 ??  ?? Samsung Note 7; 4,3 mm (28 mm in ’n 35 mmkamera); 1/13 van ’n sekonde; f1,9; ISO 1 000
Samsung Note 7; 4,3 mm (28 mm in ’n 35 mmkamera); 1/13 van ’n sekonde; f1,9; ISO 1 000

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa