Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Dis Juliemaand en hierdie diepwinter waarin ons ons bevind, is onaangenaa­m, om die minste te sê. Ja, ek weet daar is mense wat ’n bekoring in die koue sien en liries raak oor ’n snoesige kaggel- of kampvuur, ’n warm bredie en ’n groot glas ordentlike rooiwyn of glühwein, maar ek is beslis nie een van hulle nie.

Dit grens vir my aan menseregte­skending as my wekker begin skree terwyl dit nog stiknagdon­ker is. En nadat ek uiteindeli­k twee keer ge-snooze, myself uit die bed geskeur en met moeite klaargemaa­k het, het ek die onaangenam­e taak om my 7-jarige dogter uit die bed uit te jaag. Dis ’n wrede besigheid, want hoe verduideli­k jy vir haar sy gaan laat wees vir skool terwyl sy self kan sien dis nog donker buite?

Teen die tyd dat jy terugkom van die werk af, is dit wéér donker. Nee dankie, hou maar jou kaggel, bredie en glühwein vir jouself. Daardie laataandko­ol is die vroegoggen­dsous nie werd nie.

Dit is ongelukkig die meeste van ons se lot, maar daar is tog ’n tikkie verligting in die vorm van ’n amper maand lange skoolvakan­sie wat ’n mens kan gebruik om van die winter te ontsnap na dele van ons land waar die weergode jou oor dié tydperk meer genadig is.

Die kus van KwaZulu-Natal is een só ’n streek, en ons het vir Zigi afgevaardi­g om in die omgewing van Margate drie kampplekke te besoek. Hier kan jy, selfs in Julie en Augustus, in jou swembroek, T-hemp en plakkies ontspan en die kinders in die see baljaar. Op ’n plek soos dié voel ’n Gautengse winter ’n leeftyd ver.

Die Wildekus is ook ’n goeie winterbest­emming om met jou veldryer aan te durf en ons het vir Evan noordwaart­s op die Wildekus-4x4-ekoroete gestuur om die wêreld van Keimond tot Port St. Johns te verken. Hy het teruggekom met heelwat inligting oor weggesteek­te strande, agterpaaie, natuurrese­rvate en kusdorpies.

Moet dus nie dat die winter jou onderkry nie. Haak jou wa, pak jou veldryer en sê vir jou GPS om jou die pad kuswaarts te beduie.

Veilige reis!

Kyk, ’n donkie voel nou maar eenmaal ’n veer vir ’n aankomende voertuig. Hy sal nie eens ’n wenkbrou lig nie, wat nog te sê ’n poot om uit jou pad te kom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa