Weg! Ry & Sleep

GOUE HERINNERIN­GE

-

Ek verwys na die artikel oor Tweede Tol in die Mei-uitgawe. Dit laat my terugdink aan ons sorgvrye kampdae meer as 50 jaar gelede, ook by Tweede Tol. Ons familie – ek en my ouers, Dave en Jo, en my broer, Wynand; en die gesin van my ma se suster, Van en Suzie van Staden en hulle dogters, Celia en Juliet – het gereeld oor Desemberva­kansie s by Tweede Tol gekamp. Dit was tussen 1953 en 1966.

Die staanplekk­e was nie afgebaken nie, en diegene wat eerste opgedaag het, kon eerste hulle kampkol kies. Oom Van het vroeg in Desember al vir ons twee tente gaan opslaan. Hy het al die pad met sy Morris Minor 1000 uit die Paarl gery. Die tente was nog van wit seil met swaar houtpale wat dit regop hou, met vier ankertoue en nog agt toue vir die kante. Ons het op ou weermagkam­pbedjies of dun sponsmatra­sse op die grond geslaap.

Tannie Suzie sou vooraf al die vleisprodu­kte kerrie sodat dit die vakansie kan hou. Die vleis is by die kampplek in ’n safe gehou – ’n seilsak wat aan ’n boom gehang is en waardeur water gesypel het om die binnekant koud te hou. Ons het natuurlik ook elke dag gebraai. Vir die ander bederfbare kosse het ons deur die jaar lemoensakk­ies bymekaarge­maak wat ons dan as houers in die stroom by die kampplek gesit het. Die water was enige tyd net so koud soos ’n yskas. Almal het die hele vakansie in hulle swembroeke geleef. Hier was nie ablusieger­iewe nie, en die gereelde swem in die swemgate oorkant die pad was dus jou bad. Celia en Juliet het op een kol hulle kêrels saamgebrin­g, ouens met wie hulle later getrou het: Dougie Turley en Fanie Geldenhuys. Dis die einste twee wat my en Wynand leer poker speel het. Oor Oujaar, regdeur tot Nuwejaar, was dit ’n gedans in die saal. Die destydse kampbeampt­e was ene Bresler, wat later jare die Tafelberg-natuurrese­rvaat se bewaarder sou word. JOHAN BAUER Centurion

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa