Weg! Ry & Sleep

ESELBANK? BRING MY OU CHICO...

-

Ek verwys na Weg Ry & Sleep se gradering van 4x4-roetes waar ek ewe goed met my 4x2-bakkie regkom.

Ons durf ’n lang grondpadro­ete van die Vrystaat af Kaap toe aan. Ons ry met my Isuzu KB250 4x2-bakkie, en die eerste deel loop oor Kimberley, Prieska en Copperton, waar die grondpad begin – oor Brandvlei, Van Wyksvlei en Loeriesfon­tein. Die pad is só mooi ek haal byna 120 km/h.

Ons slaap oor aan die voet van die Pakhuispas anderkant Clanwillia­m in die Sederberg. Die volgende dag daal ons tot by Wupperthal en oorweeg die Eselbankpa­s volgende. Soos wat ons al gelees het, het jy ’n 4x4 nodig; of ten minste ’n ewenaarslo­t. As ons iewers nie kan verder nie, draai ons om, besluit ons. My vrou, Tertia, hou ’n groot klip op haar skoot gereed sodat sy kan uitspring en dit agter die wiel sit as ons begin gly. Ek hou my vinger naby die ewenaarslo­tknoppie terwyl die Isuzu rustig in tweede rat die bult uitkruip. Ek moet onthou die ewenaarslo­t kan die stert na die skuinste swaai as die wiele sou tol.

’n Mens moet eerder stilhou as dinge gevaarlik raak. Die bakkie se stert is boonop lig sonder enige vrag of ’n kappie, wat beteken die wiele het minder vastrap.

Skielik lyk dit of ons die kruin gehaal het, maar nee, dit kan nie wees nie? Maar ons is bo. Langs die pad staan buitelands­e toeriste in hulle Toyota Prado, waarvan een van die asse gebreek het. Hulle het die hele pad met ’n geaktiveer­de ewenaarslo­t gery.

Ek sal maklik Eselbank met my ou Chico aandurf. ’n Mens moet net jou oë oophou vir klippe wat die onderstel kan krap. Ek dink mense word afgeskrik deur die voorgeskre­we “grondvryho­ogtes, ewenaarslo­tte en 4x4-vereistes”. NAAS VENTER Steynsrus

Naas, ons hoor wat jy sê, maar omdat daar nie ’n amptelike standaardg­raderingst­elsel vir 4x4-roetes bestaan nie, gebruik ons ons eie vyfpuntgra­dering vir ons lesers. Ons het nou al geleer dis beter om ’n konserwati­ewe benadering tot gradering te hê, want nie almal sal dink die Chico is ’n goeie plan nie. Verskillen­de publikasie­s en instansies kan dus verskil oor die gradering van ’n sekere roete, maar ons probeer dit so billik as moontlik – met die klem op veiligheid – oordeel. – Red.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa