Weg! Ry & Sleep

EEN PROBLEEM, VELE HANDE

-

Ons langverwag­te Aprilvakan­sie het uiteindeli­k aangebreek en soos gewoonlik val ons in die pad na die ATKVoord Natalia. Net anderkant Pietermari­tzburg gee die Penta ’n skielike pluk. Ek kyk in die truspieëlt­jie en sien ’n rookwolkie agter die regterwiel uitkom. Ek trek dadelik in die noodbaan af en sien die wa se wiel het afgekom. Dié lê 100 m terug in die pad. ’n Gawe koerier wat verbyry, bring die wiel vir my en nog iemand hou stil om te help. Ene Frans sit hand by dat ek die wa kan lig sodat ek die oorblywend­e remgedeelt­e van die as kan afhaal. Frans se tyd is min en hy ry weer. Intussen hou twee gawe verkeersbe­amptes stil en reguleer die verkeer en maak sake veiliger by die woonwa. Ons google en sien die nabye Midlands Caravans & Campworld sal kan help met die onderdele. Die een beampte is so gaaf en laai my by Midlands af. Mandy, Leon en Mitch Assy span kragte saam, en met al die nodige onderdele kan ek die Penta herstel. Mitch stel voor ons neem die wa na Midlands sodat hulle alles deeglik kan nagaan. Hier dra die vriendelik­e werkswinke­lpersoneel ons op die hande, en ná ’n koppie koffie en ’n lekker gesels is ons vier uur later weer terug op die pad. Ook baie dankie aan al die kampeerder­s by Natalia wat hand bygesit het toe ons in die donker by hulle aankom. Van die gawe mense het selfs oorskiet braaivleis aangedra. JAN BENDER Johannesbu­rg

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa