Weg! Ry & Sleep

In die kollig

LED-staafligte is weer in die spervuur – het jy van hierdie soort ligte op jou voertuig, of ken jy iemand wat hiermee die wêreld verlig? Het wetstoepas­sers jou al afgetrek omdat jy só ’n lig op jou ryding het?

-

Brandon Danks

Ek het ’n ligstaaf op my voertuig. Dit sit onder die hoofligte en werk met ’n aparte skakelaar. Ek is hartseer oor al die aandag wat dit skielik kry, want dit is ’n absolute bate op Suid-Afrika se paaie in die nag. Dit is nie maklik om met standaardl­igte jou pad te vind tussen slaggate, vee en klipgooier­s nie. Tot daar meer duidelikhe­id is oor die aangeleent­heid, bly my LED-staaflig net waar hy is. Dis jammer ons wetgewing kan nie bybly met die tegnologie nie.

Gerhard du Toit

Om beter te kan sien? Mense wat sukkel om te sien hoort in die eerste plek nie agter die stuur van ’n voertuig nie.

Dawie van der Merwe

Wel, daar is mense wat die goed misbruik op paaie en selfs in dorpe. Sommige vragmotor eienaars het selfs hulle voertuie daarmee toegerus en ek het al gesien hoe die vragmotorb­estuurders ’n veer voel vir aankomende motors. Ek is dus bly as dit verbied gaan word. As jy hoofsaakli­k in die veld daarmee gaan ry, is dit natuurlik ’n ander saak.

Barry van der Linde

Ek dink mense moet net begin om hulle gesonde verstand te gebruik. ’n Mens moet genoeg insig hê om te besef solank die goed verantwoor­delik gebruik word, is daar tog ’n plek vir die ligte. Uit ’n veiligheid­soogpunt is dit baie behulpsaam. Het jy al ooit in die nag deur Botswana gery? Siestog, dis hartseer dat party mense dit nie kan hanteer as ander mense se ligte skerper as hulle s’n is nie.

Nico Landman

Di tis fantasties­e nuus. Ek sien ook sekerheid s voertuie wat met met hierdie helder L E D-ligte deur woonbuurte ry. Dis ongeloofli­k.

Ben Moll

Ek verstaan nie wat die probleem is nie.

 ??  ?? Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa