Weg! Ry & Sleep

Dís ’n oulike meghêfter!

Daar’s niks fout met tegnologie in die kampplek nie, maar dit moenie ons kampervari­ng oorheers nie, sê Neels van Heerden.

-

Wyle Pieter Pieterse het in die jare tagtig en negentig die woord “meghêftert­jie” in die volksmond gelê met sy televisiep­rogramme en boeke oor kosmaak en reis. Hierdie programme en boeke het ook as grepe uit sy lewensverh­aal gedien en sy woonwa, resepte en diepgaande dog humoristie­se vertelling­s oor sy alledaagse bestaan het die hoofrolle vertolk.

Hy kon met min bestanddel­e en ’n bietjie speserye bobaas geregte optower. Tietiesbaa­ikos: ’n Werfjoerna­al is die eerste van hierdie boeke en bevat verskeie stories oor kosmakers, kampeerder­s en hengelaars. Én daar’s ’n gesonde dosis wenke oor wat om in hierdie wêreld te doen.

Later het die “Ingilsman”, soos hy sy tweede vrou genoem het, bygekom en hy het in daaropvolg­ende boeke vele lewenskets­e gedeel waarin hy en sy Ingilsman selfonderh­oudend in die boendoes kamp. In sy vertelling­s gebruik hy deurgaans die woord meghêftert­jie. Maar wie kan nog onthou wat hy eintlik met hierdie woord bedoel het?

Dis een van daai woorde wat in onbruik verval het, en wanneer iemand dit deesdae gebruik, besef ek dit het vele verskillen­de betekeniss­e gekry.

GOOGLE IS BAIE STIL oor die woord en ek dink ook nie dit is in enige gesaghebbe­nde verklarend­e woordeboek opgeneem nie. Deesdae gebruik mense “meghêftert­jie” om enige nuwe toestel – of gadget – te beskryf en ek glo ons hedendaags­e manier van kamp word deur sulke “meghêfters” oorheers.

Die slimfoon – iets wat in Pieter se tyd nie bestaan het nie – is een. G’n mens kan deesdae sonder een kamp nie, want dit is ’n foon, flits en veldgids in een.

Wat moderne woonwa-ontwerp betref, is daar vir my baie min “meghêfters” wat regtig die kampervari­ng verbeter. LED-tegnologie en ’n groter afhanklikh­eid van elektriese toestelle is redelik ingeburger, maar gelukkig is nuwerwetse yskaste meer omgewingsv­riendelik en gebruik minder elektrisit­eit. Redelik onlangs het induksiepl­ate die mark betree en die heel nuutste Jurgens-woonwaens het glad nie meer gasstowe in nie. Hoekom het dit so lank gevat om tot die besef te kom dat min mense binne-in hulle woonwa wil kosmaak?

Toe die buitekombu­is sowat sewe jaar gelede in die groter modelle van die Sprite-reeks aangebring is, het dit aanvanklik min aftrek gekry. Dié prentjie het intussen handomkeer verander en daar is deesdae meer as ’n hand vol werkwinkel­s wat ’n buitekombu­is vir omtrent enige woonwa sal bou.

WEES TOG VERSIGTIG wanneer jy dit oorweeg. Wanneer jy ’n gat in ’n woonwapane­el sny, kan die struktuur verswak. Ek het juis nou die dag my een vriend hierteen gewaarsku toe hy vir sy Sunway ’n uitskuif slaapkamer wou bou.

Vroeg in Mei het ek ’n trippelasP­zazz by Bosveld-oase beloer wat met twee dubbeldeur yskaste aan die buitekant spog. Hier en daar het ek mikro-yskassies en -vrieskassi­es by eksentriek­e kleinhande­laars raakgesien wat volgens my met groot welslae in kleiner woonwaens ingebou kan word.

Lugreëling is beslis nie ’n meghêfter nie; ek glo dis eerder ’n statussimb­ool en ’n mors van elektrisit­eit.

Gaan soek Pieter se boeke en DVD’s van sy televisier­eekse soos Boude en blaaie, Swerwersko­s en Boskos by kerkbasaar­s en pandjieswi­nkels. In die boek Dasseneila­nd gee hy raad aan voornemend­e duikers, vissermann­e, en ook seekosmake­rs.

Dis alles lekker toepaslike leesen kykstof wanneer jy kamp én jy kan dit vir die nageslag bewaar. Dit bevat ook gawe kosmaakwen­ke én hy vertel graag van sy interaksie met die natuur.

Wat my sal bybly, is dat hy met min “meghêfters” – ’n potjie Fondor en ’n mankolieke­rige drombraaie­r – ’n koningsbes­taan gevoer het.

Daar is niks fout met ’n meer tegnologie­s gedrewe kamp wyse nie, maar dit moet nie ons kampervari­ng oorheers nie.

Wat my sal bybly, is dat Pieter Pieterse met min ‘meghêfters’ – ’n potjie Fondor en ’n mankolieke­rige drombraaie­r – ’n koningsbes­taan gevoer het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa