Weg! Ry & Sleep

Kamp in die bos by Dinokeng

-

Dinokeng, die enigste Groot Vyf-reservaat in Gauteng, het nóg ’n kampplek bygekry. Devon en Sherri Symons het op hulle grond van 42ha vyf staanplekk­e in die bos ingerig en dit genoem na hulle seuns, Kyran en Leuan. Wat die Kyleu-boskamp besonders maak, is dat nóg die staanplekk­e nóg die kampplek omhein is. Hier kan jy jou maklik verbeel jy sit in die Okavango waar die wilde diere – ook leeus – enige tyd deur jou staanplek kan loop. Boonop staan jy ’n goeie 40 m van jou bure af, wat beteken jy gaan nie regtig van die ander kampeerder­s weet nie.

Elke staanplek het sy eie badkamer met ’n stort, toilet en opwasplek, maar hier is nie 220 V-krag nie. LED-liggies wat met sonpanele werk, sorg dat ’n mens kan sien as jy laatnag ’n draai wil loop.

Sowat 100m van dié staanplekk­e af – by ’n stroompie – is nóg twee staanplekk­e sonder enige geriewe; hulle is bedoel vir mense wat selfvoorsi­enend kamp. Kampeerder­s op die bosstaanpl­ekke kry een sak gratis braaihout per dag – as jy nog nodig kry, kan jy teen R15 per sak koop. Devon-hulle bied ook wildritte aan waarop hulle jou die res van Dinokeng en sy diere wys. Dit kos R150 p.p. en neem 2 uur.

Die Symonse het reeds ’n verdere 6 ha toegespan waarin hulle volgende jaar “gewone” staanplekk­e wil inrig met geriewe soos krag, ’n swembad en winkel. Pryse Bosstaanpl­ekke: R110-R190 p.p.p.n., afhangend van die seisoen en spesifieke dag van die jaar (gratis vir o.6’e) – 8 mense word per staanplek toegelaat. In skoolvakan­sies en oor naweke moet jy vir ’n minimum van twee nagte bespreek. Rivier staanplekk­e: R 100 p.p.p.n. (heeljaar). Omdat die kampplek in’ n reservaat is, word geen troeteldie­re toegelaat nie. Kontak 060 458 4478

info@kyleu.co.za kyleu.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa