Weg! Ry & Sleep

Van stokperdji­e tot besigheid

-

Toe Brandon Conradie van Somerset-Wes vier jaar gelede sy eie boswa bou, het hy nie in sy wildste drome gedink dié belangstel­ling sal uitloop op ’n ondernemin­g nie.

Vandag is Brandon die eienaar van Kamma Trailer, en hulle bou drie verskillen­de modelle: die 900s (volgens Brandon die gewildste); die 700s, wat ’n raps kleiner en ongerem is; en die Terra Maximus, ’n groter weergawe van die 900s. Brandon sê die idee is glad nie om die groot vervaardig­ers die stryd aan te sê nie; hy wil eerder op kampeerder­s fokus wat ’n eerste of tweede wa koop. Pryse wissel van R80 000 tot R103 000.

Al drie waens se romp bestaan uit aluminium of vlekvrye staal en jy kan uit vyf kleure kies – van beige tot donkerbrui­n en babablou. Al die skarniere is ook van vlekvrye staal.

Brandon gebruik ’n modulêre uitleg vir al sy waens. Daar’s twee regop deure voor asook twee horisontal­e deure én ’n gewone een agter. Hiermee saam kan jy tussen vier binne-uitlegte kies – en as jy iets anders in gedagte het, pas Brandon by jou idee aan.

In die standaardv­orm is die waens heel basies – die 900s beskik byvoorbeel­d oor die volgende: ’n glyraam vir ’n ys-vrieskas (vir tot ’n 60 ℓ-grootte), 220 V- en 12 V-sok, verstelbar­e dakrak, ’n neuskas met een deur, pyphoekstu­tte agter met nog ’n stut by die neuswiel, en rubbermatj­ies vir die binnekant. Brandon verduideli­k die meeste van sy klante het al ’n waentjie besit en baie van hulle het reeds kamptoerus­ting soos ’n yskas, stoof en daktent. Jy kan dus die standaardw­a toerus met net dít wat jy kort.

Die syfers 3,4 (l) x 1,8 (b) x 1,6 m (h); tarragewig ± 400 kg (sonder daktent); BVM 1 500 kg; en 1 600 kg-as. Kontak 082 773 6044 brandon@kammatech.co.za

kammatrail­er.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa