Weg! Ry & Sleep

TENTOPSLAA­N... OP DIE MAKLIKE MANIER

VERBETERDE FORD RANGERS

-

Kitstente maak ’n mens se lewe soveel makliker – as jy al stoksielal­leen ’n konvension­ele 3 x 3m-koepeltent probeer opslaan het, sal jy weet watter sweet en frustrasie daarmee gepaardgaa­n.

Camp Master het nou twee nuwe kitstente bekend gestel waarvan die pale deel van die tent is. Die gedagte is dat jy dit alleen kan opslaan. Jy vou bloot die Instant Cabin op die grond oop, lig die seile, en soos jy lig, klik die pale in... en daar staan hy. Die dakseil is steeds apart en jy trek dit net laaste oor.

Die Instant Cabin is in twee groottes beskikbaar: Daar’s een vir 6 mense (Instant Cabin 600; R1999) en een vir 10 (Instant Cabin 1000; R2599).

Die tente is beskikbaar by Makro. Ford Suid-Afrika gaan volgende jaar ’n opgegradee­rde Ranger bekend stel danksy ’n R3 miljard-belegging in sy Silverton-aanleg in Pretoria en Struandale-enjinaanle­g in Port Elizabeth.

Die verbeterde Ford Rangers sal uit Suid-Afrika na 148 markte in Europa, die Midde-ooste en die res van Afrika uitgevoer word. Daar word gefokus op verbeterde veld ry vermoë, laer brandstofv­erbruik en gevorderde veiligheid s eienskappe.

Nuwe aandrywing stelsels gaan saam met die modelle bekend gestel word, waaronder ’n splinternu­we 2.0 Bi-Turbo-dieselenji­n wat in die Ranger Raptor vasgebout gaan word. Dié enjin ontwikkel 500 Nm teen 1 750 r.p.m. en dryf ’n 10 spoed- outomaties­e ratkas aan.

Ander nuwighede is outonome noodremme met ’n voertuig- en voetganger-waarneming­s t else lense m i-outomaties­e parallelle parkering.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa