Weg! Ry & Sleep

Ek wil ook gaan!

-

Beste tyd

Jy kan die roete heeljaar ry, maar onthou: Dit reën in die somer en dan kan die paaie modderig raak en laagwaterb­rûe verspoel. Net ná die reënseisoe­n (herfstyd) is die landskap groen, welig en op sy mooiste. Permitte

Jy het ’n permit nodig om enige grondpad binne 2 km van die kuslyn te ry (op die strande mag jy glad nie ry nie). Net enkele dele van die amptelike ekoroete kom so naby aan die kus, maar as jy wil visvang en met ’n nie-amptelike grondpaadj­ie af see toe ry, is dit noodsaakli­k om die permit te hê (dis gratis).

Die kus word gepatrolle­er, en as jy betrap word sonder ’n permit, kan jy ’n boete van minstens R2 500 per voertuig kry. Stuur e-pos na edwina.oates@dedea.gov.za (Keimond tot Hole in the Wall) of

bongeka.mvakade@dedea.gov.za (noord van Hole in the Wall).

Jy kan ook ’n permit by die Departemen­t van Omgewingsa­ke se kantoor in die Palm Square-besigheisp­ark in Beacon Bay, Oos-Londen, kry. Jou voertuig

’n Volwaardig­e 4x4 met ’n behoorlike grondvryho­ogte. Laestrek en ’n ewenaarslo­t is nie noodwendig nodig in droë weer nie, maar wel as die wêreld nat is.

Navigasie

Jou beste vriend is ’n goeie GPS met die jongste Tracks4Afr­ica daarop gelaai, maar hou in gedagte die toestand van sekere dele van die roete kan verander. Die Slingsby-kaart van die Wildekus is ook nuttig.

Brandstof en voorraad

As jy selfversor­gend gaan wees tussen Keimond en Port St. Johns, moet jy al jou braaivleis en drinkgoed saambring. Jy kan in Keimond en Port St. Johns volmaak, maar let wel: Daar is nie ’n vulstasie in Koffiebaai soos wat sommige GPS’e aandui nie. Die naaste vulstasie is in Ncwanguba, 20 km die binneland in van Koffiebaai af.

Afstand en tyd

Tussen 450 km en 500 km as jy nie te veel van die roete afwyk nie. Jy kan die roete maklik in vier of vyf dae aflê, maar gee jouself minstens ’n week tyd om die gebied behoorlik te verken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa