Weg! Ry & Sleep

Raak rustig by Die Raasblaar

Jy ry deur eindelose landerye om daar uit te kom, maar as jy eers by Die Raasblaar kamp opgeslaan het, kan jy jou skoene uitskop en ’n stukkie pure Bosveld beleef.

- Teks en foto’s Helenus Kruger

Wanneer jy van Loskopdam af noord ry in die rigting van Bosvelddor­pe soos Groblersda­l en Marble Hall, sal jy nie sommer sê dié omgewing is naas die Vaalhartss­kema in die Noord-Kaap die grootste besproeiin­gskema in die land nie. Natuurlik sien jy die landerye langs die pad, maar dit is eers as jy op Google Earth gaan kyk dat jy werklik die omvang van die skema sien. Die ronde landerye met hulle spilpunte lê sy aan sy, kilometers ver.

Die grootste konsentras­ie van landerye is by Marble Hall, van waar dit suid in drie bene al langs die Olifants-, Moses- en Elandsrivi­er lê. Hier word onder meer met tabak, katoen en verskeie groentesoo­rte geboer. Tussen die drie riviere – weerskante van die landerye – lê ’n deel van die Bosveld, wat ’n skrille kontras vorm met die bewerkte landerye. Dit is hier, soos die kraai vlieg sowat 40 km noord van Loskopdam en ongeveer halfpad tussen Groblersda­l en Marble Hall, waar Die Raasblaar-lodge lê. (Moenie Die Raasblaar-lodge met Raasblaar Country Lodge by Rustenburg verwar nie. – Red.)

Die plaas van 500 ha is nog ongerepte Bosveld – hier is geen saaiboerde­ry nie en geen wild word gejag nie. Hoewel die lodge geruime tyd al bestaan, is die kampplek eers onlangs ontwikkel.

Van die hek af vleg die kronkelpaa­djie tussen Bosveldbom­e en gras deur, tot jy 1,5 km verder by die ontvangska­ntoor stilhou. Net voor jy die kantoor bereik, ry jy oor ’n landingstr­ook. Ontspan, hier land nie meer vliegtuie nie.

Die ontvangska­ntoor is by die lodge se hoofgebou, langs die

restaurant en kroeg. Dié kuierplek blyk gewild te wees, want dit kan jolig raak hier. Maar weer eens: Moenie bekommerd wees nie, want die kampplek is 1,5 km verderaan en jy gaan nie wakker gehou word deur die nuutste sokkietref­fers nie.

Kampplek

Die Raasblaar se 26 genommerde staanplekk­e lê in ’n vierkant met ’n groot grasperk in die middel. Jy kan maar jou plakkies uitskop en kaalvoet loop; hier is ’n dik laag kikoejoe regdeur die kamp, van die staanplekk­e tot by die swembad en damoewer. ’n Staanplek word aan jou toegewys wanneer jy bespreek, maar jy kan ook vir ’n spesifieke plek vra.

Hier is heelwat bome by die staanplekk­e, maar net ’n handjie >

vol is groot genoeg sodat jou wa onder die boom kan inpas. Die res van die bome is nog klein, terwyl hier ook heelwat staanplekk­e sonder enige bome is – onthou dus maar jou silwer seil en gazebo.

Jou staanplek se vier grense is met ’n ry stene in die gras uitgemerk. Die staanplekk­e wissel in grootte (die kleineres is gemiddeld 9 x 10 treë en die grotes tot 14 x 14 treë). Almal het gras en ’n geplaveide blad (6 x 6 treë) waarop jy jou woonwa kan trek. Met sowat 3 m tussen die staanplekk­e kamp jy darem nie reg teen jou buurman nie, en al lê die kampterrei­n teen ’n effense helling in die dam se rigting, is die staanplekk­e gelyk.

Staanplek nr. 1-7 en 8-14 lê in twee rye langs mekaar, aan die regterkant soos jy die kamp binnery. Dié plekke is die verste van die dam af, maar die beste as jy privaathei­d verkies. Jy kan jou wa se rug na die kamp se kant draai en die bos op jou voorstoep hê. As jy op nr. 8-14 kamp, kan jy jou rugkant na die boonste ry draai en oor die groot grasperk in die dam se rigting kyk.

Hier is nie ’n pad na dié twee rye staanplekk­e toe nie – jy ry oor die gras – en om by nr. 2-6 uit te kom moet jy oor van die ander staanplekk­e ry. Dit kan nogal ’n probleem raak as jy een van die laastes is wat by ’n vol kampplek aankom en een van dié plekke is joune. Die goeie nuus is dat ’n toegangspa­d wel beplan word.

Staanplek nr. 15-26 maak die ander drie bene van die vierkant uit. Nr. 19-23 is die naaste aan die dam, en hoewel ’n pad dit van die dam se oewergedee­lte skei, is jy steeds naby genoeg aan die water om ’n ogie oor die kinders te hou as hulle daar wil speel.

Al die staanplekk­e het braaiplekk­e met ’n rooster, en jy kan jou vleisie en braaitang op die werkopperv­lak langsaan neersit. Afhangend van watter kant jy jou wa gedraai het, mag die braaier dalk agter jou wees; bring dus maar jou eie een ook saam.

Jy hoef nie in die donker te braai nie – die staanplek se lig is by die braaiplek en die kraan is ook aan dié kant. Elke staanplek het krag (gewone en blou sokke) en ’n vullisdrom.

Die dam (aan die onderkant van die kampplek) is heel duidelik die gewildste plek in die kamp. Oud en jonk maak een of ander tyd deur die dag hier ’n draai, of jy nou kom lyn natmaak of net langs die water ontspan. Veral die hengelaars is in

As jy dink die hengelaars is in hulle noppies, moet jy die kinders sien: Die swart moerasagti­ge modder in die gras reg langs die water is ’n speelplek duisend.

hulle element, want die vis byt en ’n mens hoor gereeld die visalarms piep. Kom kyk of jy ’n karp, kurper of baber kant toe kan lok, maar onthou om terug te gooi.

Van die houtbankie­s op die oewer af kan jy die mak njalas dophou terwyl hulle al vretend die gras tussen die dam en die kampplek kort hou. As die son te warm raak, is hier drie gazebo’s waaronder jy kan skuil.

As jy dink die hengelaars is in hulle noppies, moet jy die kinders sien: Die swart moerasagti­ge modder in die gras reg langs die water is ’n speelplek duisend. Jy kan ook die trapbootji­e te water laat, maar los jou boot en waterponie by die huis – gemotorise­erde vaartuie word nie toegelaat nie.

Jy kan omstap tot op die oorkantste wal waar jy ’n uitsig oor die water na die kampplek het. Pak ’n piekniekma­ndjie met iets te ete en drinke en kyk hoe die Bosveldson sak. Jy kan selfs ’n vleisie op die kole gooi, want hier is ’n braaiplek om sake uit ’n ander hoek te beleef.

Badkamer toe!

Die kamp het net een ablusiegeb­ou wat tussen die staanplekk­e en die kiosk is. Vra vir staanplek nr. 14, 15 of 16 as jy nie te ver wil stap as die nood druk nie; net ’n pad skei dié plekke van die ablusiegeb­ou. Net om seker te maak dat jy nie in die verkeerde kant instap nie, is daar naambordji­es teen die muur: bulle en ramme by die mansgeriew­e en koeie en ooie by die vroue se badkamer.

Die ontwerpers van die ablusieblo­k het duidelik geweet wat hulle doen: Elke kant se was- en toiletgede­elte is apart, ’n ontwerp wat meer kampe gerus kan volg. Die geriewe is van die vloer tot die plafon geteël en in die wasgedeelt­e is daar vyf storthokki­es en een badkamer, elk met ’n matglasdeu­r. Die gang wat langs die hokkies loop, is lekker breed (1,5 m), wat beteken daar is darem genoeg plek as die verkeer druk raak. Binne die storthokki­es is dit net so ruim. Die nat (1,3 x 1,6 m) én droë deel (1,6 x 1,6 m) is baie ruimer as dié van die meeste ander kampe.

Ons hou van die rustige omgewing, die mooi en netjiese kampplek en die wild- en voëllewe. Die restaurant is ook baie goed.

Binne die stort is nie rakkies vir jou seep en sjampoe nie, maar dié sit jy sommer op die ingeboude bankie in die hoek of op die vensterban­k. Die opening tussen die droë en nat deel het nie ’n deur of gordyn nie, net ’n glasmuur waar die wasbak se blad aan die stortplek grens. Die stort is egter só groot dat jy woes gaan moet was en spat om die vloer in die droë deel nat te kry. Die gasgeiser bring sy kant en die water is nooit koud nie.

In die droë deel is ’n ovaal wasbak met weerskante ’n geteëlde blad wat groot >

As die jongspan moeg raak om in die modder langs die dam te speel, kan hulle op die klimraam gaan klouter. Die swembad is langs die klimraam.

genoeg is vir ’n badsakkie en klere. Bo die wasbak is ’n spieël en verder is daar twee hake teen die muur om klere op te hang én ’n vullisdrom.

Die badkamer met sy hoekbad is net so groot soos die stortkamer en het dieselfde afwerking en toebehore as die res van die stortkamer­s.

Die ablusieblo­k het ’n ruim algemene deel met ’n lang blad teen die een muur (regoor die toilethokk­ies). Die drie wasbakke het spieëls met ligte bo dit en genoeg pakplek langsaan sodat jou én jou buurman se badsakkies daarop sal pas. Jy hoef ook nie jou eie seep saam te dra nie, want hier is handewasse­ep langs die wasbakke en jy kan jou hande óf met papierhand­doek óf met die lugdroër droog kry. Jy kan ook jou skeermes, haardroër en krultang by die dubbelprop langs die blad inprop.

Hier is drie toilethokk­ies met deure by

die mansgeriew­e (vier vir die vroue), vier urinale en’ n vullis drom. Die skottelgoe­d was plek i sagter die ablusie geboue nis in vier kamertjies verdeel. Die kinders kan nie die reën as verskoning gebruik om nie skottelgoe­d te gaan was nie – hoewel die geboutjie oop sykante het, is daar ’n dak; dus bly alles droog. Elke hokkie het ’n dubbelwasb­ak met proppe, ’n tafelblad en ’n muurprop.

Doendinge

As ’n dag langs die viswaters jou nie juis opgewonde maak nie, kan jy altyd die plaas verken en die wild gaan soek.

Trek jou stapskoene aan of spring op jou bergfiets, want hier is heelwat paadjies vir ry of stap. Die wild is taamlik mak, wat beteken jy is so te sê gewaarborg om iets te sien. Kameelperd­e, njalas, waterbokke, rooibokke en sebras is maklik om op te spoor, maar dit kos meer geduld om die skugter swartwitpe­nse te siene te kry. Onthou om ’n verkyker en voëlboek saam te neem, want hier is meer as 180 voëlspesie­s.

Vir ’n rustiger wildkykerv­aring sonder swoeg en sweet kan jy op die wildkykvoe­rtuig spring. Die rit duur tussen 90 minute en 2 uur en kos R60 p.p. (’n minimumtar­ief van R300 geld). Die voertuig het net plek vir tien mense – bespreek dus vroegtydig. Jy kan ook met jou eie voertuig ry, maar bly op die hoofgrondp­aaie, want toegang tot die kleiner twee spoor paadjies is verbode.

As die jongspan moeg raak om in die modder langs die dam te speel, kan hulle op die klimraam gaan klouter. Die swembad is langs die klimraam.

Raasblaar bied ook van tyd tot tyd buitelug musiek feeste, troues en verjaardag- vieringe in die kampterrei­n aan. Daar is selfs ’n betonblad met spreiligte waar die bruid en bruidegom hulle eerste dans kan doen.

Neef Gert en sy familie is welkom om saam te kom, al het hy nog nie ’n tent aangeskaf nie. Hier is ’n verskeiden­heid verblyfsop­sies om van te kies.

Kry jou by die kiosk

Raasblaar het nie ’n kampwinkel nie, maar wel ’n kiosk. As jou visvangkis by die huis agtergebly het, kan jy hier met basiese visgerei en aas regkom. As jy egter die kostrommel vergeet het, is jy in die moeilikhei­d. Die kiosk hou slegs die mees basiese goedere aan – dinge soos hout (R25), vuuraanste­kers (R25) en ys (R12) plus die gewone goed soos roomys en koeldrank. Vir enigiets anders gaan jy die 15 km na Marble Hall moet ry. In stiller tye is die kiosk net tussen 9 vm. en 10 vm. oop, maar oor besige naweke en skoolvakan­sies maak dit in die middag ook oop.

By die restaurant kan jy gaan weglê aan ’n heerlike ete óf ’n wegneemete kry. Die restaurant is van Dinsdae tot Saterdae oop van 7 vm. tot 9 nm., maar wees gewaarsku: Die kok se geregte is hoogs in aanvraag en jy móét vooraf bespreek. Die kroeg het satelliett­elevisie; dus kan jy op die hoogte bly van jou span se doen en late.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? RAMME EN OOIE GESKEI. Die droombadka­mers is nie net ordentlik geteël nie, jy kan nie vir meer ruimte vra nie – in die storthokki­e asook in die oop vertrek.
RAMME EN OOIE GESKEI. Die droombadka­mers is nie net ordentlik geteël nie, jy kan nie vir meer ruimte vra nie – in die storthokki­e asook in die oop vertrek.
 ??  ??
 ??  ?? Johan en Retha Degenaar is van eMalahleni (Witbank) en kamp saam met hulle vriende Hannelie en Jaco Burger van Benoni. Jacohulle kamp in ’n 2015model Sprite Tourer wat hulle met ’n 2017 Isuzu 2.5 D sleep, terwyl Johan-hulle ’n tent opgeslaan het.
Johan en Retha Degenaar is van eMalahleni (Witbank) en kamp saam met hulle vriende Hannelie en Jaco Burger van Benoni. Jacohulle kamp in ’n 2015model Sprite Tourer wat hulle met ’n 2017 Isuzu 2.5 D sleep, terwyl Johan-hulle ’n tent opgeslaan het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GEEN VERSKONING­S. As jy verveeld raak, is dit jou eie skuld, want hier is hope te doen. Kyk of jy die njalas en sebras kan sien. Laat die kinders op die klouterraa­m speel en daarna ’n vinnige in die swembad vang voor jy laatmiddag kinders tel.
GEEN VERSKONING­S. As jy verveeld raak, is dit jou eie skuld, want hier is hope te doen. Kyk of jy die njalas en sebras kan sien. Laat die kinders op die klouterraa­m speel en daarna ’n vinnige in die swembad vang voor jy laatmiddag kinders tel.
 ??  ?? MET EN SONDER. Party staanplekk­e het meer koelte as ander, maar min keer ’n heerlike kuier in die Bosveld.
MET EN SONDER. Party staanplekk­e het meer koelte as ander, maar min keer ’n heerlike kuier in die Bosveld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa