Weg! Ry & Sleep

Wie maak Van Dyksbaai lekker?

Die meeste 4 x 4- roetes naby vakansie bestemming­s vra’ n toegang s tarief, maar daar is nog ’n paar uitdagende paadjies naby kus- en bergdorpie­s waar jy gratis kan speel.

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Gansbaai in die Kaapse suidkus, sowat twee uur se ry uit Kaapstad (in vakansiety­e drie uur), het ’n gratis roete langs die see. Skaars 4 km suid van dié dorp, op Van Dyksbaai, ook bekend as Kleinbaai (daar’s blykbaar ’n storie agter dié verwarring), sal jy tientalle duikhokke agter reusagtige motorbote sien hang. Witdoodhaa­i toeroperat­eurs gebruik Van Dyksbaai as basis vir dié gewilde adrenalien-aktiwiteit.

Jy is egter nie hier vir ’n persoonlik­e ontmoeting met die manne met die vaal jasse en skerp tande nie. Hou verby en ry weswaarts met Kabeljoust­raat tot waar dit in ’n parkeerter­rein langs die see doodloop. Hier is ’n kort paaltjie met ’n gelamineer­de kaartjie waarop die woorde “Gansbaai Trail” gedruk is.

Die eerste kilometer is taamlik mak en jy gaan pensioentr­ekkers in beskutte baaitjies sien piekniek hou langs hulle Honda CRV’s. Dit mag dalk as maklik beskou word, maar jy gaan dit nie sommer in ’n sedanmotor baasraak nie.

Dan, skielik, raak die roete meer uitdagend. Plek-plek sien jy duidelik hoe ouens in sagte veldryers gesukkel het in die los sand. Daar is diep gate waar wiele verwoed getol het, en rotsbanke spog met skraapmerk­e wat getuig van ’n onderstel of wat dit lelik ontgeld het.

Die sandpaadji­e maak ’n paar skerp draaie; bestuurder­s van dubbel kajuit bakkies moet hulle lyn goed kies, anders moet jy driepuntdr­aaie in die sand maak.

By een so ’n beskutte baaitjie is daar genoeg plek om af te trek en ’n visstok langs ’n koelboks staan te maak. Die klimaat hier by Kleinbaai (of is dit Van Dyksbaai?) is amper Mediterree­ns met ’n matige, droë klimaat. Hier kan jy geelbek en kabeljou uittrek óf sommer net staar na die walvisse wat ’n paar honderd meter see-in rinkink.

Daar is sewe skeepswrak­ke in jou onmiddelli­ke omgewing, waaronder die bekende HMS Birkenhead wat in 1852 hier naby op die rotse geloop het. Dit was glo die eerste seeramp waarin vroue en kinders heel eerste in die reddingsbo­te gelaai is. Dalene Matthee het hieroor geskryf in haar boek Die uitgespoel­des, haar laaste boek voor haar dood.

Maar as metaal en diesel harder roep, moet jy aanstryk met dié kusroete. Die laaste 1½ km is taaier as die eerste deel – dit kry ’n 3 op ons moeilikhei­d- >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa