Weg! Ry & Sleep

Sleep Swaziland toe

Min dinge is so lekker as om die aftreeoord agter te laat en saam met ’n klompie vriende avontuur te gaan soek buite die landsgrens­e. Vra maar vir Chris van der Merwe van Centurion.

-

Ek en my vrou, Ida, is gesoute kampeerder­s wat al na plekke soos Botswana, Namibië en die Richtersve­ld gereis het. Ons was ook al voorheen in Swaziland, maar het gejeuk om weer soontoe te gaan – daarom het ons Johan en Ina Nel, ’n paartjie in dieselfde aftreeoord as ons, oortuig om saam te kom. My swaer Zaaiman Stander was ook aan boord. Almal van ons is ouer as 70.

Ons het met ons 2016 Toyota Hilux 3.0 D-4D en Canopy Caravan-wa gery, terwyl Johan-hulle ’n Jurgens-boswa met hulle 2015-model Prado gesleep het. Nie een van ons was al in Lesotho nie; daarom het ons besluit om suid te ry na die bergkonink­ryk en dan vir ’n hele maand op reis te wees.

Watter roete het julle gevat?

Ons reis het in Himeville begin. Ons is met die Sanipas op tot by Afriski, waar ons in chalets gebly het. Van daar af was ons twee dae by Bokong, ook in ’n chalet, en toe is ons na die Makarabei-lodge naby die Mohaledam. Van daar af is ons na Semonkong, waar ek en Ida gekamp het terwyl die ander in die Semonkong-lodge se chalets gebly het. Toe is ons oor die Qachasnek-grenspos terug na Himeville. Ons het vier dae in Ballito gekamp en toe drie dae in die Mkuze-natuurrese­rvaat deurgebrin­g voor ons Swaziland deur die Golela-grenspos binnegegaa­n het.

Waar het julle opgeëindig?

Ons het drie dae in die Hllane- koninklike

nasionale park gekamp voor ons in die Mlilwane-natuurrese­rvaat kamp opgeslaan het. Op pad huis toe het ons ook drie dae in Onder-Sabie in die Krugerwild­tuin gekamp. Ons het op ons reis altesame 3 350 km afgelê.

Beskryf Mlilwane en Hlane.

Hierdie twee reservate in Swaziland is in ’n uitstekend­e toestand. Hlane is wel oud, maar elke ding is op sy plek, die ablusieblo­kke is skoon, en die geriewe word netjies onderhou. Die staanplekk­e in Hlane se kampterrei­n is nie afgebaken nie, maar hulle is gelyk met ’n grasmat én daar is meer as genoeg plek vir almal. Mlilwane se kampterrei­n met sy 17 afgebakend­e staanplekk­e is in ’n bloekompla­ntasie.

Die staanplekk­e is groot en gelyk, maar het nie gras nie. Die ablusieger­iewe by Mlilwane is waarskynli­k die beste wat ek al in Suider-Afrika gesien het.

Die mans- en vrouegerie­we het elk agt storte en vyf toilette. Hulle is groot en daar is meer as genoeg plek om jou droë klere op te hang.

Hoe het julle die tyd verwyl?

Hlane is ’n plat stuk bosveld met meer as genoeg – en ’n verskeiden­heid – wild. Die leeus word in ’n aparte kamp aangehou en daar is ’n magdom voëls. Mlilwane is meer bergagtig met skouspelag­tige uitsigte. Hier is ook nie roofdiere nie; dus is daar heelwat sebra, blesbok, wildebees en eland. Dit lê langs die Valley of Kings met sy hotelle, casino’s en gholfbaan en is net 20km van Swaziland se hoofstad, Mbabane, af – gaaf as jy iets uit die stad nodig het. Die plek is goed ingerig vir bergfietsr­yers en daar word begeleide toere aangebied.

Enige raad vir mense wat hierheen wil reis?

Daar is ’n verskeiden­heid verblyfops­ies by albei bestemming­s – veral die Swazi-hutte by Mlilwane is gewild. Albei het ’n restaurant vir wanneer ’n mens lui is om kos te maak, en die Hippo Haunt-eetplek by Mlilwane is baie gewild onder Europese besoekers. Brandstof is nie beskikbaar nie en as jy ’n winkel nodig het, gaan jy ook minstens 20km moet ry.

Hoeveel kos dit om te kamp?

By albei reservate betaal jy R125 p.p.p.n. Albei is deel van Swaziland se Big Game Parks.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa