Weg! Ry & Sleep

Viskos uit ’n blik

-

Dié resep is so maklik soos val uit ’n boom en kan met enige geblikte vis gemaak word. Dreineer net die vis vooraf goed, anders sal die koekies nie lekker bind nie en breek wanneer jy hulle bak.

Jy benodig

(maak sowat 10 koekies) ’n halwe ou witbrood, gerasper 2 eetlepels botter 2 uie, fyngekap ’n groot hand vol pietersiel­ie, fyngekap 1 teelepel rissiemasa­la 2 eiers 3 blikkies (410 g elk) vis – gebruik tuna, sardyne, salm óf ’n mengsel sout, peper en suurlemoen­sap na smaak 2 eetlepels bakpoeier 2 koppies kapokaarta­ppels 2 koppies kookolie

Só maak jy

1 Meng die broodkrumm­els, botter, uie, pietersiel­ie, masala en eiers in ’n aparte bak – jou hande werk die beste hiervoor.

2 Dreineer die vis goed sodat jy net die droë vleis het – gooi die soutwater of olie weg. Frummel dit met jou vingers fyn en meng dit saam met die res van die bestanddel­e (behalwe die olie) by die brood-en-uiemengsel.

3 Vorm frikkadell­e met die mengsel en druk dit effens plat om koekies van sowat 6 cm in deursnee te vorm. Hulle moet stewig wees – gebruik meer broodkrumm­els, indien nodig.

4 Verhit die olie in ’n diep pan en braai die koekies vir minstens 20 minute tot hulle ’n mooi goudbruin kors kry. Draai dit gereeld om.

5 Dreineer die viskoekies op kombuispap­ier en sit dit warm of koud voor saam met ’n driebonesl­aai – tuisgemaak óf ook uit ’n blikkie.

Weg Ry & Sleep sê Gebruik droë Engelse mosterdpoe­ier om die visreuk uit jou hande te kry. Vryf dit aan en was dit af met skoon water.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa