Weg! Ry & Sleep

’n Bok vir Sport(s)

Die Mitsubishi Pajero Sport bult behoorlik sy spiere wanneer jy ’n woonwa haak.

- Teks en foto’s Leon Botha

DDie Mitsubishi Pajero het ’n reputasie opgebou vir sy vernuftige 4x4-vermoë, en die nuwe Pajero Sport stel geensins teleur nie. Al druk dié sportnuts die weegbrug se naald ’n raps verby die 2 t-merk, buig hy met 430 Nm tussen die voorwiele allermins die knie voor ’n wa. Die eerste Sport-variant het ’n dekade terug op die toneel verskyn, en sedertdien het ’n halfmiljoe­n van hulle reg oor die wêreld baas gekry. Die jongste geslag is beskikbaar in twee modelle. Hulle laat ’n mens dink aan identiese tweelingbr­oers waarvan die een beter op die atletiekba­an vaar, terwyl die ander een beter is met velditems. Die twee is in der waarheid presies dieselfde met ’n keuse tussen tweewielaa­ndgedrewe of 4x4. Jy hoes R30 000 meer vir die 4x4 en sy bruto voertuig massa( B VM) is ook 110 kg hoër.

Die ligte en swaar kant

As ’n mens kyk na die tarragewig van die Pajero Sport, het Mitsubishi die sleepvragp­erk met sowat 200 kg afgebring. Albei modelle mag ’n vrag van tot 1 800 kg sleep, waar die toetsvoert­uig, ’n 4x4-model, se tarragewig 2 035 kg is. Dit beteken egter nié die wa se BVM moet minder as 1 800 kg wees nie. Die wa op die pad moet net nie 1 800 kg oorskry nie, terwyl die wa se BVM dan ook nie swaarder as die Pajero se tarragewig van 2 035 kg moet wees nie. As die amptenaar by die weegbrug wil hare kloof, kan hy jou opdraande gee as jy die Pajero tot sy maksimum-BVM van 2 710 kg laai en die wa 1 725 kg oorskry. Want as jy die BVM van die BKM (4 435 kg) aftrek, gee dit jou 1 725 kg.

Meneer, die haak

Die Pajero Sport se sleepstang is só fris gebou, dit lyk amper of dit op ’n stootskrap­er hoort. Die grootste deel van die stang steek langs die bakwerk uit. Die haak word deur Bosal gemaak en is vir ’n sleepvrag van 3 t gesertifis­eer, met ’n neusgewig van 140 kg. Dit is goed stewig en het boonop ’n ingeboude sakplaat – ’n mens sien selde drie stelle gate bo mekaar. In die onderste stel gate is die bokant van die bol 50 cm bo die pad en in die boonste gate 57 cm. Boonop staan die bol se middelpunt 17 cm weg van die bakwerk af. Dit beteken jy gaan nie sommer jou nuwe kar krap as jy per ongeluk verby die koppelstuk terugstoot nie.

Die haak vergemakli­k sake verder: die ligteprop het ’n ring LEDligte onder aan die kant wat op die haakgedeel­te én op die pad direk onder dit skyn. Dit help baie wanneer jy in die donker wil haak. Sodra jy die kar met die afstandbeh­eer oop- of toesluit, skyn die lig tot dit ná ’n minuut weer vanself afskakel.

Effens anders

Die Pajero Sport kom omtrent met alles wat oop- en toemaak, ook met spesifieke geriewe wat op woonwaslep­ers gemik is. Die outomaties verstelbar­e hooflig t eis’ n voorbeelde n standaard in albei modelle.

Wanneer ’n mens wegtrek, sluit al die deure, en al hou jy stil, bly hulle net so toegesluit, maar sodra jy die Pajero in Park sit, sluit al die deure onmiddelli­k oop. Die handrem werk elektries soos jy die knoppie daarvoor trek en druk vir die gryp en los. Die handrem >

 ??  ?? MITSUBISHI PAJERO SPORT 2.4 D4 MIVEC 4x4
MITSUBISHI PAJERO SPORT 2.4 D4 MIVEC 4x4
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa