Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie?

Brandstof Diesel

Enjin 2,442 ℓ

Silinders 4

Krag 133 kW @ 3 500 r.p.m.

Wringkrag 430 Nm @ 2 500 r.p.m.

Ratkas 8 spoed-outomaties (met tikfunksie plus laeen hoëstrek).

Aandrywing Agterwiel of vierwiel met hoë- en laestrek en agterste ewenaarslo­t.

Tarra 2 035 kg

BVM 2 710 kg

BKM 4 435 kg

Waaddiepte 700 mm

Sleepvermo­ë vir geremde sleepding Tot 1 800 kg Afmetings 4 785 mm (l); 1 815 mm (b); 1 805 mm (h) Wielbasis 2 800 mm Spoorwydte 1 520 mm (voor); 1 515 mm (agter) Grondvryho­ogte 215 mm Brandstoft­enk 68 ℓ Prys (nuut) Vanaf R599 995 Prys (tweedehand­s) Ons het ’n 4x2-model (2017) met 22 500 km gesien vir R489 900 op autotrader.co.za

Vinnige feite

Die sleephaak Die haak is nie standaard nie. Die toetsvoert­uig s’n kom van Bosal en is gesertifis­eer vir ’n sleepvrag van 3 t en ’n neusgewig van 140 kg. Die haak kos R4 241 ekstra en die installasi­e neem ongeveer 2 uur. Vering Dubbel mik kronkel vere met rolstaaf voor en veelskakel met rolstaaf agter. Die stert het ’n goeie 44 mm gesak onder die neusgewig van die Xplorer.

Wat sê die skaal? 2 360 kg met die bestuurder in die Pajero en ’n vol tenk brandstof. Die bruto kombinasie massa van 3680 kg op die skaal is ongeveer 700 kg kort van die toegelate BKM. Dit laat genoeg plek vir ’n hele klompie passasiers in die kar asook 100200 kg vrag in die wa.

Binneruimt­e ’n Dwarshand oop bo die kop asook voor die knieë op die agtersitpl­ek, en twee vingers oop bo jou kroontjie – ook op die agtersitpl­ek.

Spoed Die odometer is 5 km/h uit – jou GPSspoed is 95 km/h wanneer die odometer wys jy ry 100 km/h.

Brandstofv­erbruik Volgens die rekenaar en ons eie sommetjies ’n heel skaflike 13,8 ℓ/100 km (7,2 km/ℓ). Vir dié grootte kar verwag ’n mens tog ’n effens groter brandstoft­enk, veral as jy dink aan 4x4-ry op afgeleë plekke of ver ente sleep. Met ’n vol tenk gaan jy ongeveer 490 km kan ry.

Binneafwer­king Donker, solied en stylvol. Hier en daar dowwegrys panele, onder meer langs die middelkons­ole en die deurhandva­tsel.

Rondom die radio is daar blinkswart plastiek. Ekstras Onder meer ’n dakrak R9 565, glystawe R8 972, pensplaat R3 585, bufferstaa­f R5 130 en navigasies­telsel R14 535.

Ander modelle? ’n 4x2-model R569 995 Weg Ry en Sleep sê Deel van die stang waarborg voorwaarde­s is uiteraard dat jy hom nie oorlaai nie. Dit geld ook as jy ’n fietsrak op die stang monteer. Dan mag jy nie meer as twee fietse vervoer met ’n hangfietsr­ak nie (vir ’n staanfiets­rak is die perk drie).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa