Weg! Ry & Sleep

’n Buksie met houding

Die Mobi X is die beste van twee wêrelde: lig en kompak soos ’n boswa, maar binne slaap jy soos in ’n boswoonwa.

- Teks en foto’s Helenus Kruger

Met die bekendstel­ling van die Mobi Lodge in 2015 het Marius Ras van Mobi Lodge Manufactur­ing ’n unieke konsep na die Suid-Afrikaanse woonwamark gebring. In daardie stadium was die slaapkamer wat uit die wa se romp skuif, ’n nuwigheid op plaaslike bodem. Dié plan vergroot die luukse wa se vloeropper­vlakte met 40% én hy is gebou om selfs die rofste paaie aan te durf. Dié slim kombinasie van ’n boswa en boswoonwa is nog nooit voorheen op ons paaie gesien nie.

Nou het ’n kleiner weergawe – die Mobi X – die lig gesien, en volgens Marius het dié buksie, nes sy ouboet, ’n eenstuk-veselglasr­omp sonder nate of laste wat op ’n onderstel van gegalvanis­eerde staal gemonteer word. Die wa is gemik op kampeerder­s wat die beweeglikh­eid en veldryverm­oëns van ’n boswa soek, maar ook die luukshede wat jy gewoonlik net in boswoonwae­ns kry.

Met ’n droë gewig van 760 kg is die Mobi X maklik om te sleep en die afwaartse kurwe van die neus sorg vir min windweerst­and. Die wa het nie ’n uitslaante­nt nie en jy slaap binne-in die romp. Binne het jy luukshede soos liggies, tydskrifne­tte en koeldrankh­ouers terwyl die laai wat jy uit die romp trek, genoeg plek het vir al jou kampgoed.

Kom gerus binne

Die Mobi X is binne heelwat ruimer as wat ’n mens verwag. Jy kan wel nie regop staan nie, maar die 100 cm dakhoogte is hoog genoeg om gemaklik rond te beweeg, al is dit dan op jou knieë op die matras.

Jy moet eers die bagasielaa­i aan die agterkant uittrek voor jy kan inklim, want die laai is in die bed se ruimte wanneer dit ingestoot is.

Die ferm sponsmatra­s met drie panele word regop in die voorkant van die wa gebêre, tussen die neus en bagasielaa­i. Tussen die opgevoude matras en die laai (toegestoot) is 43 cm spasie wat as bykomende pakplek ingespan kan word.

Die matras lê so te sê die vloer vol wanneer jy hom platslaan en daar is net 48 cm tussen die voetenent en die laai. Die matras is langer en net-net breër as ’n driekwartb­ed en is aan die bokant gepunt waar dit in die gespitste neus inpas.

Die maklikste manier om in die Mobi X te klim is om in die hoogste kant van die deuropenin­g te sit en jou bene regsom na binne te swaai. In die deuropenin­g is ’n muskietnet wat met klitsrits aan die binnewand vasplak en jy sluit die deur van binne af met ’n knip. Aan die regterkant van die binneruim (soos jy inklim) is ’n houer van reknet vir tydskrifte bo die matras en ’n oopslaanho­uer vir ’n waterglas of koeldrankb­likkie.

Bo, amper teen die dak, is twee klein plat kassies vir boeke, brille, sleutels en selfone, en langs die kassie is ’n verstelbar­e LED-leesliggie. Onder by die voetenent is daar nog twee klein kassies; die boonste een het pakplek en die onderste een huisves die batterylaa­ier.

Aan die linkerkant is die klerekas se binnekant. Jy het toegang van binne tot die kas; jy hoef dus nie na die storttent te loop om jou klere uit te haal nie. Voor die kas is ’n muskietnet wat die vlieënde peste buite hou wanneer die buitedeur oop is.

Hier is ook ’n liggie en glashouer soos aan die regterkant én ’n driepuntpr­op. Aan die bokant, regs van die liggie, is ’n ronde gat wat aan die onderpunt van die palekas is. Jou hand pas mooi deur die gat sodat jy pale wat te diep lê, na buite kan stoot.

Aan die voetenent is ook twee kassies, maar die pypwerk vir die water en gas loop hierdeur, wat beteken pakplek is beperk. Onder die kassie is ’n driepuntpr­op vir die yskas.

Daar is ’n dakliggie in die middel van die dak. Die kragboks is regs bo, by die deur se ingang, en die stroombrek­ers en skakelaars vir die dakliggie, watertenk en yskas sit ook hier.

Ook tot jou beskikking is ’nU S B-sok ,12 V-sigaretaan­steker sok, voltmeter en inhoud s meter vir die watertenk .>

Alles op die A-raam

Op die A-raam is die neuswiel, handrem, kragkoppel­ing vir die ligte en ’n Brad Harrisonpr­op om die battery in die ry te laai.

Die stewige neuswiel kan, nadat die wa gehaak is, opswaai om horisontaa­l langs die A-raam te pas. Vir die swaai trek jy die geveerde U-vormige knip na jou toe (nadat die wiel opgedraai is) en swaai die wiel boontoe. Maak seker die knip haak weer goed in.

Kom tot die punt

Die neus van die wa is gepunt teen ’n hoek van 35º; dus gaan jou wa en voertuig se buffer mekaar nie sommer ontmoet as jy skerp draai nie.

Danksy die hoek spring klippe nie terug na jou voertuig toe nie, maar weg na die kante. Die hele neus is met ’n beskermer bedek.

Agter die kap van die byl

Om by die pakplek van die Mobi X uit te kom moet jy die agterdeur oopmaak en die bagasielaa­i (85 x 150 cm) uittrek. Vóór jy die agterdeur oopmaak, moet jy eers die twee afswaaihoe­kstutte aan weerskante op die grond staanmaak.

As jy die bagasielaa­i uittrek voordat die hoekstutte stewig staan, is die kanse goed dat die gewig van jou kampgoed die wa se neus sal lig.

Om seker te maak jy vergeet nie hiervan nie is daar ’n plat stukkie yster aan die linkerkant­se hoekstuk vasgebout wat keer dat die deur oopgemaak kan word as die hoekstut nie laat sak is nie.

Die laai word weerskante met twee knippe in plek gehou. Agter is ’n tou wat jy trek om die knippe te ontsluit en ’n handvatsel waarmee jy die laai uittrek.

Die laai het ’n veselglasd­ak wat net so groot is soos die laai. Aan die drie kante van die dak is seiltjies wat jy afrol en op die hoeke en onder kan vasrits om die reën uit te hou.

Die seiltjies rol maklik op; daar is aluminiump­ypies in die naat aan die onderkant ingewerk om te help as jy dit oprol.

Die twee seiltjies aan die sykant druk met drukknoppi­es teen die romp vas om die gaping tussen die laai en die romp toe te maak. Die linkerseil­tjie het ’n gaasvenste­r wat help met lugvloei deur die wa.

Die kassettoil­et is aan die

kant verste weg van die romp, en die gasbottel is ook hier op die laai gemonteer. Dan volg ’n raamwerk waarin ses ammunisiek­iste pas – drie aan elke kant en wat met rollers uitgetrek word.

’n Opvoubraai­er van vlekvrye staal, netjies in ’n seilsak, is teen die ammunisiek­iste se raamwerk vas. Naaste aan die romp is die plek waar die yskas staan. Aan die binnekant van die deur is ’n 6 ℓ- gasgeiser, brandbluss­er asook die gereedskap­sak.

Die noodwiel is agterop die deur op ’n pypraam en links van die deur is die warmen kouewaterk­raan. >

Kombuissto­ries

Die afdak (1,8 x 3,5 m) wat bo-oor die kombuis span, is opgerol in ’n sak wat aan die bokant van die wa se sykant in ’n glyraam pas. Dit is netnet breër as die kombuis en ’n hoekyster wat in ’n V-posisie teen die romp onder die seil is, keer die water wat afloop, weg van die kombuis.

Die seil het ’n silwer afwerking om sake onder koel te hou en daar is ’n aparte seiltjie (1,3 m breed) wat oor die wa se deur span en met klitsrits aan die hoofseil vasgeplak word. Dit hou die wa binne droog wanneer die deur oop is.

Die deur, 61 cm bo die grond, is heel voor by die neus van die wa. Die opening is 81 cm breed. Die bokant volg die profiel van die wa se neus en loop afwaarts van die hoogste punt regs (87 cm) tot by die laagste punt links (60 cm).

Die kombuis is regs van die deur en die kombuisdeu­r swaai, soos in baie ander waens, af om ’n werkblad (58 x 137 cm) te word. Aan die regterkant is ’n tweeplaatg­asstoof wat permanent aan die gasbottel gekoppel is. Die groot werkopperv­lak (48 x 83 cm) links van die stoof maak jou sommer lus vir kook; hier is baie werkplek om jou lyf Masterchef te hou.

Die regterkant van die kas, bo die stoof, is waar die messegoed, bekers en wyn- en koeldrankg­lase is, en heel regs is plek vir twee wynbottels.

Die kombuis is toegerus vir vier mense.

Links in die kas is tien rakkies vir borde, potte, panne en plastiekko­shouers en heel links onder is ’n rakkie met plek vir vyf speserybot­tels.

Bo dié rakkie is ’n braaitang en ’n driepuntkr­agprop.

Bo die kombuis is ’n LED-liggie wat op die werkblad skyn. Die lig se helderheid kan verstel word én jy kan kies of dit geel of wit moet skyn.

Regs van die blad is twee hake teen die romp van die Mobi X vir die skottelgoe­dwasrakkie met ’n wasskottel en die afdroograk.

’n Ysterpoot met ’n rubbervoet­stuk druk teen die romp om die rakkie bo te hou.

Waskamer

Om van buite by die Mobi X se klerekas uit te kom moet jy, net soos by die kombuis, die deur afslaan. Dié deur hang ook aan twee staalkabel­tjies om dit in ’n werkopperv­lak te omskep. Die klerekas het nege rakkies waarvan ses oop is aan die agterkant sodat jy ook jou klere van binne die wa te kan uithaal.

Die storttent (2,2 x 2 m) word aan dié kant van die wa opgeslaan. Op sy hoogste is die dak 2,1 m en op die laagste 1,7 m. Die tent het rondom sykante met vensters en daar is ’n deur aan die sykant die verste van die wa. ’n Windseiltj­ie aan die onderkant van die wa hou die wind buite.

Anders as gewoonlik met woonwatent­e word die onderste plastiek na buite gevou en die tentpenlus­sies is aan die binnekant. Die uittreksto­rtkop, dieselfde model as op die Mobi Lodge, is links onder. Onder die stortkop is die prop waar die watertenk volgemaak word. Die storttent word ook as ’n aantrekkam­er gebruik, maar dan gaan jy eers in die oggend met jou nagklere uit die wa moet klim en omloop tot by die tent.

 ??  ?? Mobi X
Mobi X
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa