Weg! Ry & Sleep

Die tegniese goed

-

Neusgewig 65 kg (gewig verskaf)

Lengte (A-raam ingesluit) 3,7 m

Breedte 1,65 m

Hoogte 1,9 m

Netto gewig (basiese wa) 760 kg

Dravermoë 740 kg

BVM 1 500 kg

Prys R198 000 soos getoets, volledig toegerus. Die basiese wa met die uittreklaa­i kos R148 000. Daar is verkeie opsionele tentopsies.

Plus

Die bougehalte en afwerking binne en buite is puik. Die kombuis is groot en goed toegerus. Die neuswiel wat wegswaai en uit die pad langs die A-raam lê, is ’n goeie idee, veral as jy rowwe terrein aandurf. Die wa is lig en jy kan hom gemaklik sleep met ’n voertuig met ’n kleiner enjinkapas­iteit. Die kantseile het lussies aan die onderkant waarin ’n paal pas om die oprol te vergemakli­k.

Minus

Dit is ongeriefli­k om jou klere binne-in die wa aan te trek. Die yskaslaai trek nie uit nie en die smal spasie maak dit moeilik om iets uit te haal. Die klerekas se rakkies is smal en daar is nie baie pakplek nie. Daar is nie ’n seilafdak oor die agterste bagasielaa­i nie; jy reën nat as jy iets uit die ammokiste of yskas wil haal. Die liggies bo die kombuis en klerekas skyn net op die werkblaaie en nié binne-in die kaste nie.

Weg Ry & Sleep sê Die wa het swart 16 duim-sierwiele met 265 x 70 x 16”-bande.

Weg Ry & Sleep het die Mobi X by die vervaardig­er geleen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa