Weg! Ry & Sleep

’n Skapie in sitrusdal

LAMSVLEIS-EN-LEMOENPOTJ­IE

-

Lemoen en lam is ’n heerlike kombinasie – as jy sorg dat die hitte matig bly terwyl jy die vleis prut, sal dit doeksag wees.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 2 eetlepels olie 1 kg lamskenkel­s, in skywe gesaag sout en swartpeper na smaak 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 25 ml tamatiepas­ta 3 takkies vars tiemie (of gebruik 1 teelepel droë tiemie) 1 blik (410 g) tamatie-enuiesmoor fyngeraspe­rde sap en skil van 2 lemoene 1 koppie lamsaftrek­sel 12 jong worteltjie­s 2 eetlepels koekmeel

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n swartpot en braai die vleis tot dit oraloor mooi goudbruin is. Geur dit met sout en peper soos jy dit braai. 2 Voeg die knoffel, tamatiepas­ta, tiemie en smoor by die gebraaide skenkels. Gooi die lemoensap by en prut die vleis vir 1 uur oor lae hitte met die deksel op. Dit is belangrik dat die pot baie liggies prut en nie voluit kook nie, want dit maak die vleis taai. Gooi ’n bietjie aftreksel by as die pot te droog lyk. 3 Voeg die wortels by en prut die pot vir nog 30 minute met die deksel op (of tot die wortel gaar is). Hou die pot dop en voeg nog ’n bietjie aftreksel by, indien nodig. 4 Meng die meel met 4 eetlepels aftreksel en roer dit tot dit ’n smeer vorm. Roer ’n bietjie van die warm potjiesous by die meelmengse­l en roer dit dan weer terug in die pot. (Dié stap keer dat die meel klonte maak.) Roer alles goed deur en prut dit vinnig vir 5 minute totdat die sous verdik. Roer laastens die vars lemoenskil by. Proe en geur dit na smaak met sout en peper.

Weg Ry & Sleep sê Enige stoweskaap­vleis sal ook werk vir hierdie resep – maak net seker daar is nie te veel vet aan die vleis nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa