Weg! Ry & Sleep

Hoe hou julle die kinders in die kar besig op pad na julle bestemming? Berei jy voor met goed soos speletjies, kaarte of speelgoed? Ons lesers het baie slim planne.

-

Ons het net een kind (6) en pak inkleurboe­ke, speelgoed en haar draagbare DVD-speler in. Daarsonder sal die pad hopeloos te lank wees. – Leandri Hamman

Ek berei ’n boek met aktiwiteit­e voor. Dit sluit in ’n kaart van ons roete en ’n klein uitgeknipt­e karretjie. Ons skuif die karretjie dan soos ons vorder. Dit help baie met die “hoe ver nog”-vrae. – Marina de Kock Basson

Toe ons kinders klein was, het ons altyd deur die nag gery terwyl hulle slaap. Nou is hulle ’n bietjie ouer; dus kan ons eers die oggend vertrek en deur die dag ry. – Engela Mostert Kruger

Ry deur die nag. Die kinders slaap en die paaie is nie so besig nie. ’n Mens moet egter jou oë gespits hou vir taxi’s wat met stukkende hoofligte ry. – Marius Kritzinger

Ek ry deur die nag. – Gerhard Ebersohn

Ons sorg vir ’n tabletreke­naar met flieks en speletjies, en ook inkleurboe­ke, eetgoed en sap. – Jonathan Bydendyk

Ons het van die begin af besluit DVD’s word nie in die motor toegelaat nie. Ons sing en speel “Ek sien met my kleine ogie”. Ons gesels en leer die kinders oor die plekke waar ons ry. Hulle het ook ’n hand vol speelgoed en inkleurboe­ke. – Ross Andrew

Een van ons kampvriend­e het ’n lêer met aktiwiteit­e gemaak om die kinders besig te hou wanneer ons ry. Dit sluit speletjies in soos Bingo (met motorhande­lsname), ’n kaart van ons roete, woord soek speletjies en afmerklysi­es vir diere en padtekens. – I love Camping – SA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa